Kam’Bati is ’n hengelaar se droom, kinders en honde is welkom, en die beste van alles is: Jy hoef nie te wag tot vakansietyd om hier ’n blaaskans te neem nie.
As jy op ’n Vrydagmiddag jou baas se arm kan draai om ’n bietjie vroeër te tjaila, kan jy voor donker hier afhaak. Teen die tyd dat die vuurtjie brand en Vlekkie sy lê gekry het, kan jy al die stad se spanning uit jou are voel dreineer.