
As jy beplan om in jou deurtrekker by Leentjiesklip te braai, bring asseblief genoeg goiingsak saam om jou staanplek toe te span. Die kamp is nader aan die strandmeer as aan die natuur, en slegs die rugkant van elke staanplek het ’n manatokkaheining. Daar is ook nie koeltebome nie.