Dié kampplek met die Magaliesberg in sy agterplaas is oor naweke stampvol. Tog, wanneer die son skyn, sien jy nie ’n siel tussen die karavane en tente nie. Van die kampplek af is dit net eenrigtingverkeer vir voetgangers… reguit water toe.
Nou waar is almal?
Die terrein van Augrabies, een van Suid-Afrika se klassieke parke, is onlangs opgekikker. Kom kyk wat jy nou alles kan sien en doen.
Augrabies is uitkykwêreld, hier waar die Oranjerivier se bruin waters – nadat dit deur die Drakensberg, Vrystaat en Noord-Kaap gekronkel het – in ’n wit sproei afbulder voordat dit voortstu op die laaste skof Atlantiese Oseaan toe.
Hlalanathi is ’n hanetree van Mahai af. ’n Hele klompie staanplekke bied ’n prentjiemooi uitsig op die Amfiteater. Hierdie uitsig kan nie maklik geëwenaar word nie, maar, bygesê, ek het nog nooit in die Wes-Kaapse berge gekamp nie
Die oord is sowat 10 km van Hlalanathi af en is verlede jaar deur die ATKV gekoop. Die kampeerplek herinner ’n mens aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese grasperke tussenin. Hier sien beslis iemand om na die mooi tuine.