Wild Olive Farm | bakgat & billik

Wild Olive Farm | bakgat & billik
TEKS EN FOTO'S: Zigi Ekron
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Elektrisiteit
Telefoon: 
023 230 1160
Hoe kom ek daar: 
Volg die N1 uit Kaapstad en draai by Klapmuts links af op die R44 in die rigting van Wellington (afrit no. 47). Draai ongeveer 2 km voor Wellington links by ’n bordjie wat die pad na Ceres en Porterville aandui. Dié pad loop skrams verby Wellington. Hou jou oë oop vir die blokhuis aan jou regterkant. Dis die suidelikste een van 18 blokhuise wat die Britse magte gedurende die Anglo-Boereoorlog tussen Kaapstad en De Aar opgerig het. Naby Hermon word die R44 die R46. (Inflasie is ’n vreeslike ding. – Red.) Volg die pad deur die Nuwekloofpas en verby die Voëlvleidam. Ignoreer die rigtingwysers na Tulbagh en hou aan tot waar die R46 en Van der Stelstraat ’n T-aansluiting vorm. Draai regs en soek die Wild Olive Farm-naambord sowat 1 km verder tussen die bloekombome aan die linkerkant van die pad.
Omgewing: 
Soos die naam aandui, is die kampplek op ’n werkende olyf-en-wingerdplaas. Dit is nie veel groter as ’n rugbyveld nie en die enigste koelte kom van ’n ry hoë dennebome in die middel van die kampterrein. Die bome is hoog genoeg sodat hulle amper heeldag ’n groot skadukol oor die grootste deel van die kampplek gooi. Die gewildste staanplekke is onder dié bome, maar dan moet jy bereid wees om ’n vallende dennebol of twee te trotseer. Aan die noordekant van die kampeerterrein probeer ’n paar kleiner boompies moedig koelte gee, maar hulle sal eers oor ’n paar jaar groot genoeg wees om ’n Penta uit die son te hou. Dit maak egter nie saak waar jy kamp opslaan nie; jy sal elke dag ’n poskaartmooi uitsig hê van die son wat oor die Witzenberg opkom en oor die Obiquaberg ondergaan. Daar is nie veel beskutting teen die wind nie. Pak dus maar jou stormtoue in as dit lyk asof die suidooster die naweek gaan waai.
Kampering: 
Die staanplekke is nie afgebaken nie en jy kan jou kamp enige plek inrig. As jy elektrisiteit soek, sal jy vroegerig by die kampterrein moet aankom sodat jy jou kleim kan afsteek onder die dennebome, waar die meeste van die kragpunte is. Daar is ook kragpunte teen die ablusiegebou se muur. Dié lyk asof dit modern kon wees in die dae toe Rich Man Poor Man en Haas Das nog op TV was, maar dit is skoon en netjies. Daar is drie afsonderlike badkamers – twee het ’n stort, toilet en wasbak, terwyl die derde ’n bad in plaas van ’n stort het. Dié uitleg gee ’n mens darem ’n gevoel van privaatheid wanneer dit jou beurt is om met jou handdoek en badsakkie aan te stap. ’n Gasgeiser sorg vir warm water. Jy hoef ook nie tou te staan nie, want daar word nie meer as 25 kampeerders op ’n slag toegelaat nie. In dieselfde geboutjie is daar ook twee asbeswasbakke vir wasgoed en ’n staalopwasbak vir skottelgoed. As jy van plan is om om ’n halwe tollie op die spit te sit, is daar ook ’n gemeenskaplike dubbeldeur-yskas waarin jy alles kan pak wat nie in jou kampyskassie pas nie. Jy sal sowat 6 km dorp toe moet ry om vuurhoutjies en melk by die Spar of 7 Eleven in die hoofstraat te koop, maar jy kan by die ontvangskantoor aanklop wanneer jou hout opraak. ’n Kissie black wattle kos R10.

Gedink jy moet weens die brandstofprys met Jan Tuisbly se karretjie ry? Dink weer. Zigi Ekron wys hoe vier mense vir ’n naweek kan kamp vir minder as R1 000 – kos en petrol ingesluit.
 
Hoe ver is dit? Tulbagh en die Wild Olive Farm is ongeveer 125 km buite Kaapstad. As jy al die kuns bemeester het om ongesiens net ná middagete uit die kantoor te sluip, kan jy jou kinders op ’n Vrydagmiddag ná skool oplaai en betyds wees om jou kampplek lank voor donker in te rig. Jy sal ook Sondag vroeg genoeg tuis wees om vir Buks met sy wiskundetaak te help.

Wat kan ek daar doen? Daar is twee damme op die plaas waar hengelaars kurper, swartbaars en forel kan vang. Jy kan ook daar swem. By die kleiner dammetjie, sowat ses minute se stap van die kampplek af, is daar kano’s en ’n roeibootjie wat gaste gratis kan gebruik. Bring ook jou bergfiets en trap tussen die wingerde en olyfboorde deur.

Langs die kampterrein is die plaas se hoenderhok. As jy vooraf reël, kan die kortvolk gaan help om eiers uit te haal.

Bedags loop drie dapper hane op die kampterrein rond en word kort-kort ietwat teësinnig deel van die kampkinders se touchies-wedstryd. 

Marius Slabber,[stet] die plaasbestuurder wat ook sommer kampbestuurder is, het Sondagoggend ’n platbak-sleepwa agter die Massey-Ferguson gehaak en besoekers op ’n rustige rit deur die olyfboorde geneem.

Die bottel Drostdy-Hof wat jy gisteraand saam met jou plathoender kafgedraf het (Dalk een van daardie drie hane? – Red.), kom uit dié geweste. Jy kan Maandae tot Vrydae tussen 10 vm. en 5 nm. die kelder besoek en wyn proe. Op Saterdae is dit slegs tot 2 nm. oop en op Sondae gesluit. Op ander plase in die omgewing kan jy perdry, bergfietsry, 4x4-roetes aanpak, stap en visvang. Bel die toerismekantoor vir meer inligting. * 023 230 1348

WegSleep sê: Teen R125 per dag per kop het jy vervoer, verblyf, etes en ’n rugbywedstryd teen die hane op die koop toe. Dis minder as wat jy sou betaal vir ’n uitstappie na KFC en die videowinkel.

Ligging

Elektrisiteit
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.