Silver Rocks | O, die zonkie...

Silver Rocks | O, die zonkie...
Teks en Foto's: Leon Botha
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Winkels
Swembad
Selfoon opvangs
Elektrisiteit
Eetgoed
Selfoon: 
082 851 5850
Telefoon: 
014 001 7032/3
Naaste dorp: 
Bela-Bela
Hoe kom ek daar: 
Vat in Bela-Bela die R101 van die kruising van Marx- en Potgieterstraat af en ry 17,7 km Modimolle toe. Draai by die De Nyl Zyn Oog-bordjie links af op ’n skaflike grondpad wat plek-plek klipperig is. Die ingangshek is 3 km verder op regterhand. Die kampplek is 300 m verder regs, ná die ingangshek.
Kampering: 
Hier is 35 staanplekke met gras, maar met min tot geen koelte.

O, die zonkie...

Ongeveer vyftien minute se ry noord van Bela-Bela lê Silver Rocks se kampplekke effens verhewe bo die Groot-Nylrivier wat rustig verby vloei.
Eddie van der Berg, die eienaar, vertel die plaas was oorspronklik 500 ha groot, maar hy het nog 20 ha duskant die rivier bygekoop vir die woonwapark.

Eddie is ’n ou hand met woonwaparke. Hy was die oorspronklike eienaar van Mbizi, en sy kundigheid is ook in die nuwe oord te bespeur. Elke staanplek het ’n lig, woonwakragpunt en vullisdrom. Van die staanplekke het ’n ronde geplaveide plek waar ’n losstaande staalbraai staan.

Die badkamers lyk of dit deur ’n argitek ontwerp is: dié gebou se lyne pas merkbaar goed in by die omgewing. As ’n badkamer vyf sterre kon kry, was dié een heel bo-aan. Die oppervlakke langs die gesigwasbakke is van gepoleerde graniet en die storthokkies is ruim. Hier is ook twee gesinsbadkamers, met een vir mense in rolstoele; en langs die badkamers is ’n opwasvertrek.

En dan is al die paadjies tussen jou staanplek, die badkamers en ontvangs geplavei. Langs die badkamers is ’n swembadjie met ’n klouterraam, wipplank, trampolien en swaaie. Oorkant, nader aan die staanplekke, is ’n winkeltjie met basiese items soos blikkieskos en hout.

’n Putt-putt-baan is nie die grootste attraksie by ’n kampeerplek nie, maar dié een is pynlik netjies én nogal ’n uitdaging – jy gaan beslis jou voorgee ná een rondte verbeter. Die baan is langs die kampplek uitgelê en kyk ook uit oor die rivier. 

Op ’n oop kol langs die kampplek staan drie donkies en twee sebras in gelid in ’n koeltetjie – dit lyk of iemand hulle so geparkeer het. Buite dié “binnekring”, ’n ent verder in die bos, staan ’n blesbok wat kort-kort ’n snorkie gee.

Fanie van Blerk, die oordbestuurder, ry later die middag die kamp binne vir ons wildsrit. “Jy sien daardie drie donkies? Dit is eintlik die buurman s’n. So saam met die sebras kan hulle mos teel. Ek dink ’n mens noem dit dan ’n ‘zonkie’; maar ek dink nie ’n zonkie kan op sy beurt verder voortplant nie – jy weet, dis soos ’n muil?”

Ons ry uit die kamp, oor ’n bruggie, en draai af op ’n smaller grondpaadjie. Die bos is ruig en ’n mens sien die diere moeilik. Skielik trek Fanie die handrem op, spring uit die Land Cruiser en gee twee groot treë tot langs ’n jong boom. “Kyk hier,” sê hy en breek ’n sytak van die boom skoon af. “Hierdie noem ons die lekkerbreekboom. Hy breek altyd mooi netjies af waar jy hom vasvat en buig.” Fanie hop terug in die Cruiser en ons ry verder. “Daar staan ’n vaalboom, ’n enkeldoring en ’n dikbas; en daai is ’n sekelbos wat so lekker vuurmaak.

“Ek het besef toeriste hou van interessante stories as ’n mens so in die bos ry. Hulle wil nie weet dit is ’n Faurea saligna as jy dit kan uitwys as ’n boekenhout nie. Daar staan ’n drolpeer, maar moenie my vra hoekom dáárdie naam nie...

“Hier is diere ook: kameelperde, blouwildebeeste, elande, luiperds en selfs bruinhiënas.” ’n Elandpaar staan kniediep in die geil gras. “Weet jy hoe ken ’n mens die verskil tussen ’n elandkoei en -bul uit? Die koei het lang, dun horinkies. As ’n eland lekker oud word, dan kry hulle sulke rooierige krulhare op die voorkop.”
 

Doendinge

Reël ’n wildsrit vir die gesin saam met Fanie en leer nie net meer oor die wilde diere nie, maar verbreed sommer ook julle boomkennis. Dit kos R75 p.p.; kinders bo 12 betaal halfprys; en die jongeres ry verniet.

Katrol ’n swartbaars in. Reg langs die Silver Streams-lodge is ’n groot dam met van dié visse. Neem maar ’n foto van die vis, want jy moet hom teruggooi.
Ontspan met styl by die lodge. Eet in die restaurant of kom kyk jou gunstelingsport op die grootskerm.

Kyk of jy die raasblaar, wildesering, koedoeklapper en ghwarrieboom in die kampplek kan uitken.

Ligging

EetgoedElektrisiteitSelfoon opvangsSwembadWinkels
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.