Rustenburgkloof | Geil en groen

WS13_Rustenburg_01

Kampeerplek: 250 staanplekke met baie bome en gras. Elkeen het sy eie kragprop, braai en asblik. Bring jou blou prop saam.

Ablusiegeriewe: Sewe ablusie-eenhede vir mans en sewe vir dames, skoon en netjies met sommer baie storte, baddens en toilette.

Prys: Tussen R130 en R185 per nag afhangende van die tyd van die week en jaar.

Waar? Volg die Bakwena-tolpad vanaf Pretoria. Neem die Rustenburgkloof-afrit. Draai na links en ry vir 330 m tot by die T-aansluiting. Draai weer links. Die hoofingang is aan die regterkant.

Vanaf Wes-Rand/Krugersdorp volg jy die R24 deur Tarlton en Magaliesburg tot in Rustenburg. Draai links af op die Bakwena-tolpad (net ná die Water Fall Mall). Die oord se afdraaipad is so 5 km verder op linkerkant.

Kontak: 014 594 1037/8/9; (faks) 014 594 1045 of rtbkloof@mweb.co.za