Pin It

Riverside-buiteklub-en-karavaanpark

Kampplek: 30 grasgroen staanplekke met krag en 10 daarsonder. Elke staanplek se vullisdrom en losstaande braaier word vroegoggend skoongemaak. Krane is tussen die staanplekke versprei.

Ablusie: Een badkamer vir mans en een vir vroue. Modern en silwerskoon met netjiese opwaskamers langsaan.

Prys: R200 in seisoen en R160 buite seisoen vir die eerste 2 mense en 1 voertuig. R40 ekstra vir elke bykomende grootmens en voertuig, R30 ekstra vir elke skoolkind en R15 ekstra vir die kleintjies.

Kontak: 053 581 7120 of besoek www.riversideresort.co.za

Dis hoe jy ry:

  • Volg die N12 suid vir 35 km uit Kimberley.
  • By Modderrivier draai jy regs af op die teerpad na Ritchie.
  • Riverside lê 3 km verder op linkerhand.