Oribi Gorge-hutkamp | Ravyn-rustig

Oribi Gorge-hutkamp | Ravyn-rustig
WegSleep #1 | Januarie 2007
TEKS: Bill Davis FOTO'S: Judy Davis
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Winkels
Swembad
Selfoon opvangs
Elektrisiteit
Telefoon: 
039 6791644
Kampering: 
Vyf staanplekke met krag; vier bos-staanplekke sonder krag. Ablusies is basies, maar skoon.

Die Oribi Gorge-natuurreservaat is baie soos die G-kol: Omtrent almal het al daarvan gehoor, maar min spoor dit op.

Dié reservaat van 850 ha is 22 km binneland-in van Port Shepston af.

Hier sal jy nie vertrap word nie, want daar is net nege staanplekke in die reservaat: Sommige is tussen bosse versteek en ander is op ’n oop grasperk naby die hoofkantoorgebou. Dis ’n eenvoudige kamp met ’n mooi uitsig oor die kloof.

Die kampeerplekke en die chalets word omring deur bome en ’n inheemse tuin, wat op sy beurt weer ’n wye verskeidenheid voëls lok. Baie van die bome, struike en aalwyne het naamplaatjies, dus kan plantliefhebbers ’n interessante wandeling deur die park neem.

Geriewe in die kamp is basies, maar voldoende. Daar is ’n snoepwinkel, skoon ablusiegeriewe, ’n kombuis, boma, ’n klein televisiekamer en kinders kan in die reservoir te swem.

Die reservaat bied skuiling aan ’n heelwat wilde diere, insluitende 250 voëlspesies en die blou-aap se skugter neef, die samango-aap. Niemand kan met sekerheid sê of daar nog luiperds in die ravyn voorkom nie, maar ’n mens wil graag glo dat hierdie katte die ontwikkeling van die omliggende omgewing oorleef het.

In 1917 is ’n voetpad deur die ravyn verbreed, sodat nedersetters van die nabygeleë Oribi Flats beter toegang tot Port Shepstone kon hê. ’n Laagwaterbrug is in 1920 oor die rivier gebou, maar die huidige teerpad is eers in 1932 deur die kloof gebou.

Die pad volg ’n ou olifantspoor en bied vandag slegs toegang vir natuurliefhebbers wat die reservaat, wat in 1950 geproklameer is, wil verken. Daar is ook verskeie staproetes piekniekplekke langs die rivier onder in die kloof.

As jy Oribi as jou basis gebruik, kan jy baie plekke in die omgewing verken. Die Oribi Gorge Hotel (onlangs gemoderniseer) bied toegang tot uitsigpunte oor die ravyn en die “Wilde Vyf” – die berugte ravynswaai, witwaterroei, ’n foefieslaaid in die ravyn af, abseil en perdry.

Ook hier naby is die Leopard Rock Coffee Shop en restaurant wat koffie en ligte etes bedien. Dit het ’n mooi uitsig oor die Umzimkulu-rafyn. Hier kan jy ook klouter tot op die oorhangende Leopard Rock vir ’n puik uitsig oor die ravyn.

Doendinge: Voëlkyk, stap en piekniek hou langs die rivier.

WegSleep sê: Die natuurskoon en rustigheid maak hierdie kampeerterrein ’n wenner.

Ligging

ElektrisiteitSelfoon opvangsSwembadWinkels
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.