Moholoholo Ya Mati en Mariepskop view | Vir ietsie anders

WS6_ValleivdOlifants_05

Kampplek: 11 staanplekke in die bos op ’n skoongemaakte stuk grond, met elk ’n driepuntkragprop en heelwat koelte. Staanplek 1 tot 3 het minder koelte. Agt van die staanplekke is langs ’n stroompie. Elke staanplek het ook ’n betonbraai met ’n rooster en ’n kraan.

Ablusiegeriewe: Ruim en skoon, maar ’n entjie se stap van die helfte van die staanplekke af.  

Prys: R210 p.n. vir tentstaanplekke; R250 p.n. vir karavaanstaanplekke (vier mense per staanplek); R25 p. ekstra p.p.n. en R12,50 vir kinders 4-12 jaar.

Kontak: 012 361 7218; 072 191 2024; moholo@worldonline.co.za; www.moholoholo.co.za én 015 795 5236 vir die rehabilitasiesentrum.

Hoe ver van Hoedspruit af? 28,8 km.

Dís hoe jy ry

  •      Ry van die J.G. Strydomtonnel af in Hoedspruit se rigting op die R36, dit word naderhand die R527
  •    Draai regs af by die Orpen-hek- en Witrivier-aanwyser op die R531, sowat 15 km voor Hoedspruit.
  •  Draai ná 11,5 km regs af by die Swadini-bord.

 

  • Hou reguit aan vir 5,6 km en draai dan weer regs by die Jonkmanspruit-bord. Die oordhek is skaars 200 m verder op regterhand.
  •  Hou regs vir die ontvangsgebou (400 m verder) of direk links vir die kampplek (100 m).

GPS: Ontvangskantoor: S24.500878 E30.836003; kampplek: S24.503162 E30.837330

\