Miss Chrissie's Coutry House

Miss Chrissie's Coutry House
Teks en foto’s Leon Botha
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Selfoon opvangs
Diere toegelaat
Selfoon: 
082 821 3081
Telefoon: 
082 821 3081
Naaste dorp: 
Chrissiesmeer
Hoe kom ek daar: 
Die N17 loop reguit deur Chrissiesmeer. Draai by die Koolbank-aanwysingsbord regoor die polisiestasie in die dorp af. Ná 90 m word die teerpad ’n effe klipperige grondpad met sinkplaat-gedeeltes hier en daar. Hou reguit aan vir 4,3 km (die meer is op regterhand). Draai links in op ’n mooi tweespoorpad, by ’n Miss Chrissie’s-bord. Die sandsteenplaashuis dien ook as ontvangskantoor; dit is 850 m ná die afdraai. Die kampplek is 230 m terug op jou spoor aan die regterkant.
Kampering: 
Hier is 10 onafgebakende staanplekke in 'n groot akkerbos.

Miss Chrissie’s Country House-kampplek   

Kies jóú akker

Miss Chrissie’s Country House is die enigste kampplek naby Chrissiesmeer. Dis net buite die dorp op die Lake Chrissie-plaas wat aan die groot meer grens. ’n Akkerbos is in die 1940’s hier aangeplant vir skape om van die akkers te vreet. Die bos het skaars ’n 800 m-omtrek, maar wanneer jy in die middel daarvan staan, is jy in ’n ander wêreld. Dit kan net sowel Suid-Afrika se eie kleine Sherwood Forest wees waar onse Robin Hood uithang.

Skakerings van heldergroen ligeengroei (’n saamgestelde organisme van ’n swam en ’n alg) teen die boomstamme laat dit lyk asof die bas noukeurig met ’n blik fosforverf beskilder is. Onder die bome lê ’n dik mat blare wat ’n hele paar seisoene agter die blad het. Aretha Strydom, saam met haar man, Pieter, eienaar van dié plaas, het ons egter dadelik gerus gestel dat hier geen slange is nie; of te wel, sy het nog nie een hier gewaar nie.

Later die middag sak ’n sagte motreën oor die woud uit en groot druppels plons hard van die bome af op die karavaandak neer. In die verte hoor ’n mens ’n paddakoor.   

’n Mens kamp hier vir die woudgevoel, want verder is hier nie veel geriewe nie. Die badkamer is ’n steengeboutjie wat sleg afsteek by die statige sandsteen-plaashuis. Verder staan hier twee gemesselde braaiplekke (een met ’n rooster), ’n wasmasjienbalie as ’n braaibak en een vullisdrom.

Die kampplekke is nie afgebaken nie; jy kan dus onder enige boom kamp opslaan, maar Aretha-hulle verkies nie meer as tien gesinne in die kampplek op ’n slag nie.

Met ons aankoms staan Aretha ’n paar Krismisrose op die kombuistafel en knip en lyk of sy regmaak vir nog gaste: “Julle moet gereed wees, die hadidas gaan julle in die oggende wakker skree in die akkerbos; julle moet ook uitkyk vir die klein bokkies daar. Lake Chrissie is reeds vir ’n paar geslagte’n familieplaas. Dit is so 1 200 ha groot en ons het ’n 8 km front aan die meer. Ons het ’n gemengde boerdery – vleis- en melkbeeste en ook skape,” sê sy.

Terwyl jy hier is ...

Wanneer jy Aretha ontmoet, kry ’n mens sommer lus om môre vir jou ’n voëlboek en verkyker te koop – haar voëlpassie is aansteeklik. Sy help met die reël van voëltoere in die omgewing: “Mense moet net sê wat hulle wil sien: veld- of watervoëls, dan reël ek ’n spesifieke gids. Die gids spring dan sommer saam met jou in die kar. Ons vra so R50-R150 vir vier persone vir ’n toer wat jou enige iets tussen ’n uur en ’n dag kan neem.

“Die vleikuiken is vir my baie spesiaal en so ook die rooibandstrandkiewiet en die geelkwikkie. En dan is hier natuurlik hordes reiers en eende.”

Op ’n groot tafel in Aretha se voorhuis lê ’n hele paar voëlboeke. Teen die mure hang ’n paar geraamde foto’s van kolganse wat uitgeskiet is.  “Ja, omdat die boere boontjies in die omgewing plant het die kolgansgetalle oor die afgelope paar jaar drasties toegeneem. ’n Mens skiet nie dié ganse langs die water nie, net in die lande.”
Die beste tyd vir voëlkyk is van September tot Maart.

WegSleep sê:  Hoe groener jy is, hoe meer sal jy dit geniet om hier te kamp, maar die badkamergeriewe kort aandag.

Doendinge

Hiert, jou platanna!

Gaan loer in by Chrissiesmeer en neem deel aan die jaar se groot paddavang.

Chrissiesmeer is nou nie eintlik ’n toeriste-mekka nie, maar in Desembermaande verdubbel dié Mpumalanga-dorpie se burgertal tydens die jaarlikse padda-nag. Mense stop van heinde en verre hier met hulle blink karre, ou klere, regte en nie-regte Crocs, kopligte, een of twee met ’n emmertjie en ’n Checkers-sakkie; almal reg vir die aand se groot vangs.

Dié paddavangery is ’n bewusmakingsveldtog om te publiek in te lig oor die verskeidenheid gladde lyfies wat in dié omgewing voorkom. En terselfdertyd gee dit ook die dorpie se toerisme ’n hupstoot. Hier is baie padda’s, want hier is baie water – sowat 270 panne en mere in ’n 20 km radius, vertel Ané Steinberg van die Matotoland-ekotoerismevereniging. As jy na Chrissiesmeer kyk op Google Earth, lyk dit of die gebied om die dorpie vol sproete is, watersproete. En dis hier waar 13 soorte paddas heel jaar lank onverstoord voort kwaak... tot daardie een nag op die kalender wanneer ’n mens die webvoetdiertjies van nader kan leer ken.
  
Die paddavangers moet gaan opsit in ‘n ry

Die NG-kerk-saaltjie is voller as ’n Absa-tak op betaaldag – almal is gereed om paddas te vang. Maar eers moet die aspirant “jagters” die padda-teorie agter die blad kry. Ané trek die mikrofoon nader en groet eers voor sy verskoning maak: “Jammer julle sit so ingeprop, maar mense vat nie meer ‘nee’ vir ’n antwoord nie. Ons het beplan vir 120 mense vir vanaand, maar ons is nou al by 160 – hier is nie eens soveel slaapplek op Chrissiesmeer nie.”

Ek voel verlig. Ons het gelukkig reeds ’n paar maande terug ons bespreking by die Miss Chrissie’s Country House-kampplek gemaak.

In skrille kontras met ’n gewyde kunswerk teen die saalmuur waar Jesus oor die water na sy dissipels in die skuit toe aanstap, sien jy padda-entoesiaste met mynwerkerstewels in allerlei kleurskakerings – van die tradisionele swartes tot rooies met swart kolletjies en bloues met geel sole. Die res het wit, pienk, swart en skelgroen Crocs aan. Dié wat minder ag slaan op die “spelreëls” sit met tekkies en wit sokkies. Ons is gewaarsku dat jou skoene waterdig moet wees.
Ané kry die kinders se aandag: “Luister julle, is dit waar dat ’n mens vratjies kry as jy ’n padda optel?” Van die jonges bars uit van die lag, die ander antwoord in ’n gemengde koor van “ja’s” en “nee’s”. “Natuurlik nie!” help sy hulle reg.

Hester Bezuidenhout, ’n plaaslike paddagids skuif nou agter die mikrofoon in om die padda-vangtegniek te beskryf, maar vra eers of iemand weet hoe. Hester verduidelik die moeilikste deel is om ’n padda op te spoor en dan naby genoeg aan hom te kom: “Sit jou hande bak agter albei jou ore – só hoor jy baie beter – en loop dan in die rigting van die kwaak totdat jy naby die klank is. Hier in Chrissiesmeer is ons grootste padda 12 cm lank, en dan kry jy byvoorbeeld die klein blikslanertjies van skaars 2,5 cm.”

Dan stel Ané vir Jerry Theron voor. Sy noem hom die padda-Godfather. Hy is hier om ons te help om die paddaspesies te identifiseer. Jerry is ’n oud herpetoloog van die Mpumalanga-parkeraad met ’n goeie 30 jaar se ervaring in dié lyn, staan nader. Terwyl die manne spook om die projektor vir sy praatjie aan die gang te kry, trek’n groep agter in die saal los: “Die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei, ahum. Die padda wou ...” 

Dan kry Jerry sy beurt. “Mense, kyk maar, na die eerste reëns begin die paddakore. Paddas trek gewoonlik terug na waar hulle gebore is. Net die mannetjies kwaak, behalwe vir die platanna. Paddas hoor net die roep van hulle eie spesie. Hulle tel algemene klanke deur hulle bene op, maar hulle eie roep hoor hulle met ’n oordrom. Dit is ook interessant dat die mannetjies kleiner is as die wyfies, behalwe vir die brulpadda.

“Paddas is uitstekende bio-indikators: Wanneer daar versteurings in die natuur is, sien jy dit vinnig onder hulle. Kyk na waterbesoedeling of suurreën – hulle kry vergroeisels. ’n Padda kan tot 20 000 eiertjies lê, maar slegs sowat 2-3% word groot, want paddas is ’n groot voedselbron vir ander diere.”

Ons sit en luister aandagtig en Jerry deel nog ’n paar paddafeite: “Die padda-getalle is besig om wêreldwyd af te neem. Een van die grootste bedreigings is habitatverlies. Hier by Chrissiesmeer dreig daar ook gevare soos myne, maar tot nou toe is dit ’n veilige plek vir paddas.

“Sommige paddasoorte, soos die rooigebande padda, is giftig, maar jy sal hom moet lek om van die gif in te kry.” (Met ander woorde, die padda word nie ’n prins nie en jy staan ’n goeie kans om soos Sneeuwitjie of Doringrosie te eindig – Red.)

Die groep begin nou ongeduldig raak om by die paddas uit te kom, en Ané maak die laaste afkondiging: “Onthou mense, spuit julle goed vir die muskiete. Hulle is regtig ’n pyn , maar probeer asseblief hier spuit, nie langs die water nie.”

Op julle merke...

Die padda-vangery is in ’n vlak graspannetjie sowat 7 km buite die dorp. Soos ouers rondom ’n laerskool rugbyveld trek die mense hulle voertuie al op die pan se borand langs. Dan spring die paddasoekers gretig weg en begin rondkrap tussen die grashalms wat kniehoogte staan in die vlak water. Dis vroegskemer maar die paddas sit nie onder elke graspol en wag nie – ’n mens hoor links en regs ’n kwaak, maar wanneer jy nader stap, is dit weer skielik doodstil. Party soekers trek die sakkies oor hulle hande vir die stryd, iemand anders het ’n stel doktershandskoene onthou. Die soekende kopliggies lyk soos ’n klomp mynwerkers wat bogronds verdwaal het. “Ouma, hy moet net hier iewers wees,” sê ’n outjie vir sy spanmaat wat saam langs ’n bossie hurk.

Jerry en sy paneel bevestig die aand se eerste vangs: ’n Gewone rivierpadda. ’n Seuntjie is nie lus vir die tydsame luistertegniek nie, en staan reg met sy visnetjie om ’n padda by te kom. “Haai, amper het ek hom!” sê ’n man vir sy vrou. “Maar hy het oor my skoen gespring; hy is nou skielik weg.” Twee jong meisies gebruik hulle sakkies om die panwater te skep en te hoop op ’n padda, maar vang net ’n halwe liter modderwater.

Die waterstewels ploeter sloesh-sloesh voort terwyl honderde voete ’n padda-koninkryk vertrap. “Ja, die plek word verniel,” sê Jerry, “maar in die groter prentjie is dit die moeite werd; beeste loop in elk geval hier rond.”

Jerry moet bontstaan soos ’n skeidsregter van ’n Noord-Suid-derby langs die waters – die een na die ander padda in ’n plastieksak kry ’n kyk. “Haal die paddatjie uit, asseblief.” Jerry wil dié een van nader bekyk. “Toemaar, hy gaan nie spring nie, hierdie soort loop net.” ’n Langtoonvleipadda is volgende en dan ’n gestreepte langtoonpadda. Buiten vir moddervoete, is selfs die kinders se jong hande naderhand die ene oumensvelle van in die water rondkrap. “Dís nie ’n maklike padda om te vang nie,” prys Jerry iemand, “dit vat ’n pro om dit te doen!” “Hiersô, Oom, ons drie het hierdie een gevang. Hy maak so ‘krrr.., krrr...’.”
“Nee, julle het die krrr-een gemis, hierdie is ’n borrelvleipadda.

“Oeps! Moenie twee verskillende soorte in een sakkie sit nie,” maan Jerry, “hulle skei ’n stof af wat mekaar kan doodmaak.”

“Oom, ek dink hierdie paddas van my is nie-herwinbaar,” sê ’n knapie en gee sy sakkie vir Jerry aan. “Ja-nee, hulle is amper dood, gaan gooi hulle gou terug in die water.”

Nog ’n paddagids gee raad: “Julle moet mooi luister, hier is een padda wat klink soos ’n Lister-dieselenjin, hy maak so ‘toet... toet... toet...’, dis die Kaapse rivierpadda.”

    Té gou is twee ure se moddertrap verby en ons ry terug na die kerksaaltjie. Die “wenfamilie” het 25 paddas gevang – vyf spesies is vir die aand gekry. “Daar is omtrent 90 paddas vanaand gevang, dis goed,” sê Hester. “Ons vat hulle weer môre terug na die pan toe. Onthou dis nie net ’n jaarlikse gebeurtenis nie, ons vat mense ook op versoek oor naweke uit.”

WegSleep sê: Gee een naweek se vyfsteroordgenot prys en kom geniet ’n aand se moddertrap en paddavang saam met jou gesin.

Die gewone rivierpadda, die borrelvleipadda en die ratelpadda.

Nóg doendinge

Koop ’n skaapwol-duvet. Kyk uit vir die 1880-meule op regterhand soos wat jy Chrissiesmeer van Ermelo se kant af binnery. Dié gebou huisves deesdae die “The” Pillow <stet>-winkeltjie. Hier smous hulle met kussings en duvets. ’n Koningsgrootte wolduvet jaag jou R940 uit die sak en die kussings wissel tussen R100 en R130 stuk. Kontak: * 082 801 4158; * 017 847 0053; * cloud9@xsinet.co.za

Eet ietsie by die Frog Coffee Shop. Dit is langs die “The” Pillow-winkel. Dit staan ook onder die inwoners as Oom Ben se koffiewinkel bekend. Toe ons inloer, staan Miems Bezuidenhout, Oom Ben se vrou, bont in die winkel – Oom Ben moes vir die week in Potchefstroom gaan Kersvader speel. Frog staan vir “fully relying on God”, sê sy en saggies in die agtergrond sing Elvis “How Great Thou Art”.
’n Ontbyt kos R31, hamburgers wissel tussen R20-R40, koffie R9 en ’n sny tert of koek R13.    

Wat jy móét weet van die padda-nag

Vanwaar, Gehasi? Moenie net opdaag nie. Jy moet plek bespreek vir die jaarlikse padda-nag.

Watervoet. Dra skoene waarmee jy in die water kan loop en in modder kan trap.
Warmmakers. Al is dié aand in die somer, raak dit koel langs die water – onthou dus ’n warmding (en ’n stel skoon klere vir ná die tyd).

In kwarantyn. Bring deurskynende plastieksakkies waarin jy die paddatjies tydelik kan hou vir die aand. Jy mag nie verskillende soorte paddas in dieselfde sakkie gooi nie.

Hooflig. Bring ’n koplamp saam. Met ’n flitslig in die hand het jy een hand minder om dié outjies te vang.

Anti-zzz. Saam met die paddas is hier ’n gesonde kolonie muskiete – pak maar ’n ekstra kannetjie Tabard of Peaceful Sleep in.

Wat kos dit? R140 vir volwassenes, R100 vir skoolkinders en R80 vir dié voor skool. Dit sluit ’n ete in na die tyd (jy moet jou eie drinkgoed bring).

’n Keer ’n jaar. Die padda-nag is net jaarliks in Desember, maar as jy ’n ander tyd paddas wil kom kyk, kan jy met die plaaslike gidse reël.

Nommer, asseblief: * 082 804 1771; * www.chrissiesmeer.co.za; info@florence.co.za; óf  Hester Bezuidenhout, ’n plaaslike gids: 073 701 7059; hjeb@mtnloaded.co.za
 

Ligging

Diere toegelaatSelfoon opvangs
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.