Koro-Koro | Teen die Bosveldgor­dyn

Koro-Koro | Teen die Bosveldgor­dyn
Teks en Foto's: Leon Botha
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Winkels
Swembad
Selfoon opvangs
Gestremde fasiliteite
Elektrisiteit
Selfoon: 
082 908 4448
Telefoon: 
014 736 2100
Hoe kom ek daar: 
Ry van Bela-Bela af uit op die Rooiberg-pad (R516) in Thabazimbi se rigting vir 17,6 km. Draai links op ’n mooi grondpad waar ’n Koro-Koro-bord staan en hou reguit aan vir 1,7 km. Net regs, af van die pad, is ’n ingang met ’n grasdak oor. Die ontvangs is nie ’n halwe kilometer deur dié ingang nie en die kampplek is direk links daarvan.
Kampering: 
Hier is 46 plat staanplekke elk op gras met redelike koelte ook met ’n kraan, blou karavaankragpunt en ’n lig.
Wat nog: 
Ablusiegeriewe: 16 afsonderlike badkamertjies onder een dak langs die swembad (ook een vir gestremdes met ’n bad) en drie kleiner badkamers by die meer private staanplekke.

Die Bela-Bela-omgewing is letterlik die voordeur na die Bosveld wat van hier af deur die westelike deel van Botswana tot in die suide van Zimbabwe strek. Die kanse is goed die Bosveld  het ’n duisend jaar gelede gelyk soos hier by Koro-Koro – ongerep.

Die ge-tik-tik-tik-klank van ’n sproeier verraai ’n beskawing hier in die bos op ’n groen lap gras. Energieke vinkies rol-sing hulle roepe opgewonde in die akasias, ’n rooiborslaksman antwoord met sy roep – ’n diep, soet klank – en in ’n ander boom klink nog ’n rooiborslaksman soos ’n visstoktoetertjie.

Voëls is hier volop en wees ook op die uitkyk vir die verskeie neushoringvoëls. (Koro-Koro beteken hoeka “plek van die geelbekneushoringvoël”.)

Tweederdes van die staanplekke is rondom die swembad op ’n uitgestrekte aaneen grasperk uitgelê. As jy meer privaat wil kamp, is die res van die staanplekke ’n ent weg, dieper die bosse in op kleiner lappies gras. Die staanplekke by die swembad het elk ’n gemesselde braai en daar is drombraaie by die ander staanplekke.

Ook langs die swembad is ’n groot grasdakgebou met agt deure aan weerskante. Dit lei na 16 private badkamertjies, elk met ’n aparte toilet, stort en ’n gesigspieël, en een vir gestremdes met ’n bad. Hier is ook ’n aparte wasgoedkamer, maar dit is gesluit. Jy moet by die ontvangskantoor reël vir ’n was. (’n Bondel kos tussen R30-R40 – dit is gewone wasmasjiene, nie die soort wat met ruilmunte werk nie.)

Hier staan ook hout en staal klouterrame met swaaie en ’n trampolien vir die jonges. Die kinders kan ook met hulle fietse op die oord se lieflike grondpaaie rondkerjakker.  

’n Werker op sy dikwielfiets met ’n paar rooi weerkaatsers in die wielspeke en ’n ou saal – nog dié met die twee vet vere onder die sitplek – trap stadig deur die kamp. Hy groet beleefd met sy een hand en ry verder tot op ’n punt waar hy sy fiets op sy staander laat rus om ’n sproeier te skuif. Hy klim weer op sy fiets, maar hy stop eers weer om, op versoek van die kampeerders op die staanplek op die punt, die swembadseil weg te rol.

Die ontvangskantoor is sowat 200 meter van die kampplek af in ’n groot grasdakgebou waar jy die nodigste kan koop: hout, roomys en selfs bier of ’n bottel wyn. Jy kan met ’n kredietkaart betaal, maar nie met jou tjekboek nie.
Die toetervoël maak weer sy geluid agterlangs. “Kom outjies, kom kry julle nagereg,” sê ’n pa aan sy kroos in die bos oorkant. “Stadig Boeta, stadig...” sê hy weer.

Doendinge

Ry saam op 'n Six-pack, die Land Rover, om te gaan wild kyk. (R50 p.p. vir ’n uur-en-’n-half-rit oor 5 km). Jy mag ook met jou eie voertuig ry – dit kos R100 vir die hele naweek en jy kry die sleutel by die ontvangskantoor vir die hek tot ’n 100 ha stuk grond aan die oorkant van die pad waar die wild loop. Hier is onder meer njalas, volstruise, elande, rooibokke en ’n basterrooihartbees. Die paadjies is mooi grondpaaie.

Koel af in een van twee swembaddens. Die een by die kamp se water is louerig, maar die een by die ontvangskantoor is goed verhit. Die warmwaterswembad (by ontvangs) het aan die een kant ’n houtdek wat onder ’n grasdak instrek, en aan die anderkant staan ’n maroelaboom wat 400 jaar oud geskat word met die lieflikste groen gras rondom.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ligging

ElektrisiteitGestremde fasiliteiteSelfoon opvangsSwembadWinkels
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.