Kgaswane-bergreservaat | Diertjies oral!

Kgaswane-bergreservaat | Diertjies oral!
Teks en Foto's: Leon Botha
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Telefoon: 
014 533 2050
Hoe kom ek daar: 
Van Pretoria se kant af ry ’n mens met die N4 Rustenburg toe. Draai links op die R24 by die Rustenburg / Boekenhoutkloof afrit en draai daarna regs by die Kentucky Fried Chicken net ná van die Waterfall-winkelsentrum. Van Johannesburg se kant af volg jy die R24 en draai dan links by die KFC. Draai ná 1,8 km links in Helen Joseph-straat (voorheen Boekenhoutstraat). Die hoofingang is 700 m verder. Binne die eerste twee kilometer van die hoofhek is daar eers ’n opdraande, dan ’n gelyk stukkie en ’n kort afdraande. Die pad draai hierna skerp na links en dan is daar ’n opdraande van ongeveer een kilometer waar die meeste sleepkombinasies in ’n laer rat sal uitkruie, maar as jy eers bo is, is alles die moeite werd. Die teerpad is lekker breed hier en alhoewel dit smaller raak as jy eers bo-op die plato is, is die pad geteer tot by die kampeerarea.
Kampering: 
’n Klein kampeerarea (20 staanplekke) met ’n uitsig oor die vleiarea. Slegs een woonwa of tent per staanplek met ’n maksimum van ses persone. Twee ruim en skoon ablusieblokke, maar het vernuwing nodig. Die koperkrane en waterpype is darem blink gepoets – jy kan jou gesig daarin sien.

Plek van die swartwitpens

Hoewel die Kgaswane-reservaat bekend geword het as die natuurlike habitat van die swartwitpens én deesdae ’n teelprogram ter bewaring van die spesie bestuur, is dit nie al waarvoor dié bestemming bekend is nie.
Kgaswane is skaars 3km van Rustenburg af soos die kraai vlieg; kom kyk wat hier alles in wildsbokwêreld te doen is.

Hoe lyk dit daar?

Gister­aand was die kampterrein leeg en stil, en vroeg vanoggend, toe ek die betonpaadjie teen die berg uitgestap het, was daar ook nog nie veel lewe nie.

Nou is dit al lig, maar die son se strale val nog nie oor die kom waarin die kampterrein lê nie.

Die atmosfeer is rustig, anders as die gewoel wat jy in groter oorde aantref.

Die grootte van die koeltebome wissel en party staanplekke het geen lower­bedekking nie. Sommiges het ook nie gras nie.

Elke staanplek het ’n stewige betontafel met bankies, ’n braaiplek met ’n rooster, en ’n vullisdrom.

Van die bome in die kamp het naambordjies: bosveldbloubos, haakdoring, suikerbos, harpuisboom, witysterhout en besemtrosvy.

Hier is ook nie krane of kragpunte nie, maar daar is water by die badkamers, asook ’n kragpunt – maar jy mag nie ’n koord na dié punt toe aanlê nie. Dit is seker maar vir as jy in ’n noodgeval jou selfoon moet laai.

Terwyl my keteltjie stoombolle by sy tuit uitblaas en die reuk van egte koffie in die lug hang, probeer twee voëltjies in die boskasie oorkant my aan die gesels kom, maar dieper stemme brom laer af in die kamppaadjie. Dis twee ereveldwagters.
“Môremôre,” groet hulle. “Het julle gisteraand die nagapies gesien, so net voordat dit heeltemal donker­ was?” “Nee, ons het net ’n jakkals gehoor,” antwoord ek.
Die een met die verkyker om die nek maak keel skoon en sê: “Ek het gisteraand die nagapies daar by ons afgeneem. Ek dink die flitslig van die kamera het hulle ’n bietjie geïrriteer. Toe ek later gaan inkruip, toe sit die een bo my tent en raas – ek is seker hy was moedswillig.”

Laatmiddag stap drie sebras van oorkant die vlei af nader aan die kamp; net links van hulle staan twee groot elande. Die tak bo ons kampvuur wip skielik op en af. Ja-nee, hier is die nagapies nou.

Vat die pad

Die voetpaadjie berg-uit is ’n nare helling en ’n mens verstaan hoekom daar ’n geen-toegang-bordjie vir voertuie aan die voet van die berg opgerig is. Dit is stil hier bo – en jy kan ver sien. die kamp lê sowat ’n kilometer laer teen die helling af en tussen die doringboomtakke steek hier en daar ’n woonwa of ’n tent onder in die kampterrein uit.

Bo-op die berg is die hele wêreld vol eienaardige kwartsiet-rotsformasies. die rots se ruwe oppervlak laat jou dink aan skurwe wintershande wat ’n bietjie Camphor-room kort.

Naby die kruin draai die Peglerae-voetpad na links af (die naam kom van Aloe peglerae, die Magaliesberg-aalwyn) – dis ’n mooi inligtingsroete. Die enkelspoor slinger genadeloos op en af oor die Magaliesberg, en elke nou en dan stap jy by ’n genommerde baken verby. In die gidsboekie (koop dit by die ingangshek vir R10) kan jy meer lees oor wat jy by elke baken sien.
’n Klein gemesselde teëltjie met ’n aalwyn en die nommer 1 daarop dui die eerste inligtingspunt op die roete aan.

Daar’s niks by die baken wat ’n mens dadelik opval nie, maar die gidsboekie vertel van drie struikgewasse in die onmiddellike omgewing wat so saam-saam koning kraai bo-op die berg: die wilde-appelkoos, bergmispel en stamvrug. As jy ’n veldskool agter die blad het, weet jy dit is almal wilde plante met eetbare vrugte.

Die nr. 2-baken lê langs nr. 3. iemand het dit seker opgetel en hier kom neersit – die “Verhaal van die rotse” (soos wat nr. 2 se verduideliking in die gidsboekie heet) het dus voete gekry tot knap langs die uitsigpunt oor Rustenburg.
Soos jy stap, wys die volgende paar bakens nog interessanthede uit, maar waar die endemiese Magaliesbergaalwyn moet wees, staan net ’n baken. Hier is geen teken

van dié plant nie. Volgende is ’n knewel van ’n rots met ’n onnatuurlike plat sykant wat van die berghang afgebreek het, en daarna volg ’n transvaalse boekenhout. Dan is daar ’n vetplantjie wat in die winter in die kwartsietrots wegkruip, en uiteindelik ’n kristalhelder stroompie.

Die laaste baken is by die paddastoelrotse: ronde rotsmassas wat op ’n piepklein wigpunt balanseer – dit lyk of die geringste bries die rotse gaan omwaai. ’n entjie verder wag nog ’n interessante klipvorm: ’n jakkals uit klip – die slinkse dier se gewaad is in die rotsformasie van die Magaliesberg vasgevang.

Wat kan ek hier doen?

Die sable-sirkelroete is ’n smal paadjie wat met ’n wye draai van die besoekersentrum  af oor die vlakte bo-op die berg loop. die ereveldwagters het my verseker hier is baie wild, maar soms ry ’n mens hier rond sonder om enigiets te sien. die swartwitpense beweeg oor ’n gebied van 53km², saam met sowat 300 voëlsoorte, 56 reptielsoorte, 16 amfibiese spesies en meer as 80 soorte soogdiere.

Daarom waardeer ’n mens die groep jong rooibokkies wat rustig in die lang gras rondstaan, al is hulle op plekke soos die Krugerwildtuin ’n algemene gesig. ’n Entjie verder staan twee volgroeide rammetjies. ’n Voël sluip voor die motor se neus verby, so asof hy nie wil hê ons moet hom raaksien nie. Toe hy van die pad af is, sien ek eers dis ’n laeveldpatrys. Hy kry skielik spoed en verdwyn ritselend in die gras.

Twee witborskraaie duik wild op ’n groot boom langs die pad af, vlieg dan verby, maar draai vinnig om en bly die boom teister. Tussen die takke sit ’n  rooiborsjakkalsvoël hulle ongeërg en dophou totdat die twee kraaie die aftog blaas.

Die diere hou hulle inderdaad skaars vandag. Maar doer in die verte gewaar ons hom tog in die geil gras, net die een: ’n swartwitpens met sy sekelhorings afgeëts teen
die agtergrond.

Hoe lyk die badkamers?

Silwerskoon. Die geelkoperkrane en dele van die afvoerpype buite die ablusieblokke blink Asof hulle nou net gepoets is.

Daar is twee ablusiegeboue in die kamp en twee vir dagbesoekers. Elkeen van die ablusieblokke (een vir mans en een vir vroue) is baie eenvoudig, maar mooi skoon binne-in.

Hier is vlekvryestaal-wasbakke met gesigspieëls teen die muur. Die storthokkies (warm en koue water) se binnekant spat heeltemal nat wanneer jy die krane oopdraai, maar gelukkig is daar ’n haak agter die deur waaraan jy jou handdoek, T-hemp en kortbroek kan ophang. Die res van jou klere moet jy maar op die betonblad langs die wasbakke los. Die vensterbank in die stort is jou rakkie vir die sjampoe en seep.

Naby die badkamers is die opwasplek met drie wasbakke (ook warm en koue water) en ’n betonblad waarop jy jou skottelgoed kan neersit.

WegSleep : Dis ’n netjiese, goedkoop kampplek met min geriewe – net ’n uur se ry van Pretoria en Johannesburg af.

Die swartwit wát?
Die swartwitpens kom al ’n lang pad hier in die Magaliesberg.
Sir Cornwallis Harris, ’n Britse weermagingenieur, het in 1836 een van hulle op ’n jagekspedisie geskiet. Die gekromde horings was vir hom só interessant dat hy ’n beskrywing van die bok gestuur het na die Londense soölogie-genootskap, wat die “nuwe” spesie gelys en dit“Harrisbuck” gedoop het.
Later is die naam verander na die meer beskrywende“sable antelope”(Hippotragus niger).

Peglerae-voetpad
Hoe ver? Sowat 5km.
Staptyd: Twee uur (teen ’n rustige pas).
Hoe lyk die voetpad? Klipperig met steil dele. Gaan maak voor die tyd ’n draai
by die besoekersentrum waar die roete op ’n skaalmodel van die reservaat uitgelê is.
Is hier nog staproetes? Ja, die Summit- (25km) en Baviaanskransroete (19km).

Sable-wildbesigtigingsroete
Hoe lank? Sowat 10km.
Hoe lyk die pad? Dit is ’n smal teerpaadjie, soms geplavei of met beton gelê. Die spore is hier en daar ef­fens uitgery, maar ’n sedan sal dit baasraak.
 

Ligging

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.