Karoo Nasionale Park | Die springbokke spring

Karoo Nasionale Park | Die springbokke spring
WegSleep #2 | Maart 2007
TEKS: Zigi Ekron FOTO'S: Esa Alexander
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Winkels
Swembad
Selfoon opvangs
Elektrisiteit
Telefoon: 
023 415 2828 / 9
Naaste dorp: 
Beaufort-Wes
Hoe kom ek daar: 
Dis 10 km van Beaufort-Wes af in Laingsburg se rigting.
Kampering: 
24 grasbedekte staanplekke met groot skadubome. Doendinge? Daar’s ’n 4x4-roete, wild en voëls, voetpaadjies en ’n swembad by die verste punt van die chalets, ’n stywe entjie se stap van die karavaanpark af. Gaan loer ook in by die dorpsmuseum. Beaufort-Wes is dr. Chris Barnard se geboortedorp en ’n groot deel van die museum word aan dié hartpionier hom gewy. Ablusiegeriewe is netjies, prakties en skoon.

Vir die meeste reisigers op die N1 is Beaufort-Wes nie veel meer as ’n padkos- en brandstof-plek met baie padwerke en spoedkameras nie, maar as jy van die noorde Kaap toe reis, is dit ’n goed geleë oornagplek.

Jy’s nou so naby aan die Kaap jy kan al amper die mense op Nuweland hoor juig. (Of sug. – Red.)

Aan die Kaapse kant van die dorp lê die Karoo Nasionale Park se lowergroen karavaankamp tussen die vaal Karoo-koppies.

Nadat jy by die kantoor aangemeld het, sleep jy nog ’n paar honderd meter verby die park se gastehuisies voordat jy die afdraai na die staanplekke kry. Die kamp lê in ’n laagtetjie en word só deur die ruie skadubome versteek dat jy dit glad nie van ’n afstand af kan sien nie.

Teen vyfuur die middag is dit al redelik vol. Kinders ry op skaatsplanke op die sementpaadjie om die ablusieblok en ’n bielie van ’n bergskilpad wei rustig op die grasperk.

Reg langs die ablusieblok is ’n gemeenskaplike kombuis, toegerus met opwasbakke en tweeplaatstowe waar ’n tentkampeerder staan en kos maak.

Nic en Marie Vos van Kliprivier naby Alberton sit op hul kampstoele onder ’n boom en betrag die wêreld. Hul Palma is nog aan die Colt-Bakkie gehaak; die hoekstutte is net laat sak en die kragdraad ingeprop.

Nic sê hulle is op pad Mosselbaai toe vir hul jaarlikse vakansie.

“Ons kom dikwels hier oorbly wanneer ons see toe gaan. Dis ’n lang pad van Alberton af hierheen, maar ons het vroeg gery en nou kan ek ontspan.

Ek kan môreoggend rustig verder ry, want dis nog net ’n kort entjie tot op Mosselbaai en ek sal nog baie tyd in die dag oor hê wanneer ek daar aankom.”

Lank ná donker slaan Hennie Olivier, ’n wildboer van Swartruggens se geweste, ook hier kamp op.

Hy was nie van plan om hier te kom oornag nie en wou deurdruk Stilbaai toe, maar die noodlot het hom ingewag. Sy bakkie het op ’n plat sleepwa agteraan ’n ou Ford F250 hier aangekom, sy Gypsey Regal steeds gehaak.

“My bakkie se top gasket het tussen Britstown en Victoria-Wes geblaas. Toe laat kom ek maar die breakdown om my hierheen te sleep.

Daar is mos nie ordentlike karavaanparke tussen hier en daar nie,” sê hy.

Hy kom jare lank reeds hierheen en onthou toe daar nog ’n makkerige rooikat was wat homself sommer in die karavane kom tuismaak het.

“Hulle (die parkbestuur) het hom later gevang en ver weg van die kamp gaan vrylaat, want die mense het hulle boeglam geskrik as hulle by hul karavane instap en ta lê daar op die bed opgekrul.”

Volgens die inligtingspamflet by die ontvangslokaal is die rooikat maar net een van 58 soogdierspesies in die park. Dit sluit die bedreigde oewerkonyn en swartrenoster in.

As jy nog altyd gesukkel het om te verstaan waarom mense liries raak oor die Karoo, is dit ’n goeie plan om met die Klipspringerpas op te ry tot by Rooivalle.

Die pad is geteer tot op die plato, maar selfs die gruispad daarheen is goed genoeg vir ’n sedan.

Van bo af het jy ’n uitsig oor die park. Veral teen sonop is dit pragtig.

WegSleep sê: Dis ’n oase in ’n halfwoestyn.

Ligging

ElektrisiteitSelfoon opvangsSwembadWinkels
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.