Kam'Bati / Kambati

Kam'Bati / Kambati
WegSleep #21 | April 2010
TEKS EN FOTO'S: Jackie Pienaar-Brink
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Swembad
Selfoon opvangs
Elektrisiteit
Diere toegelaat
Selfoon: 
0723571131
Naaste dorp: 
Swellendam
Hoe kom ek daar: 
Neem die N2 en ry anderkant Somerset-Wes oor Sir Lowryspas. Hou aan deur Riviersonderend tot by die bordjie wat wys dis nog 20km na Swellendam. Draai kort ná dié bordjie links na Kam’Bati. Die afdraai is duidelik gemerk. Ry nog sowat 5km aan. Dit is ’n goeie grondpad wat jy met ’n gewone motor kan ry.
Omgewing: 
Kam’Bati staan met sy voete stewig in die bos en ’n mens moet selfonderhoudend hierheen kom. As jou naweek se melkvoorraad op die kombuistafel by die huis bly staan het, is hier geen kampwinkeltjie vir noodaankope nie.
Kampering: 
Kam’bati het sowat 85 staanplekke, elk met ’n braaidrom, en baie is só na aan die rivier dat jy Kleinboet se watermanewales uit jou kampstoel kan dophou. bring maar jou gazebo’tjie of ’n skadunet, want net 17 van die staanplekke kry die heeldag koelte.
Wat nog: 
WegSleep sê: Onthou net die swemvler­kies vir­ die kleintjies; selfs by die wal is dit te diep vir­ ’n volwassene om te staan.

Kam’Bati is ’n hengelaar se droom, kinders en honde is welkom, en die beste van alles is: Jy hoef nie te wag tot vakansietyd om hier ’n blaaskans te neem nie.

As jy op ’n Vrydagmiddag jou baas se arm kan draai om ’n bietjie vroeër te tjaila, kan jy voor donker hier afhaak. Teen die tyd dat die vuurtjie brand en Vlekkie sy lê gekry het, kan jy al die stad se spanning uit jou are voel dreineer.

Waar is dit?

Kam’Bati lê op die plaas Jubileeskraal tussen Riviersonderend en Swellendam. Die plaasgevoel bekruip jou reeds as jy van die N2 afdraai en in die rigting van ’n groen strook bome langs die Breërivier mik. 

Troppe skape hou jou van lande af dop wat in die winter hulle kenmerkende groen en geel kleur sal wys as die lusern, gars, canola en koring eers gesaai is.

“Hi, I’m John,” word jy met ’n breë glimlag by die kampingang begroet kort nadat jy by ’n perdekamp verbygery het.

John Kamwaza is die kampopsigter wat naweekdiens doen. Regs staan plate aalwyne en fynbos. Links kyk ’n mens af op ’n reghoekige kampterrein wat vir nagenoeg 800m langs die rivier uitgestrek lê.

Ou grote

Ploinks, hoor ek vroegoggend iets in die water en loer by die tentflap uit. ’n Jong hengelaartjie staan roerloos in die oggendskemer op die oewer van die rivier. Ploinks, gooi hy weer sy lyn in, sy gesig die ene konsentrasie. Nie te lank nie of twee hengelmaatjies plant hulle wydsbeen weerskante van hom.

Daar’s nou ook beweging by ’n klompie karavane na links. ’n Man kry kaal bolyf sy sit op ’n opvoustoeltjie agter een van twee visstokke wat reeds langs die water staan. Nog ’n hengelaar maak hom op ’n drywende dek naby die wal tuis. Hier is baie vis, het Jaco Badenhorst, die eienaar, ’n paar dae vroeër oor die telefoon vertel. Baars, paling, springers en baber maar veral karp, met ’n knewel van 13,7kg wat al uitgetrek is.

Wanneer die son se eerste strale op die water blink, begin die res van die kamp lewe  kry.

’n Swemmertjie sukkel met ’n tjoep die water in. Tieners spring van ’n houtdek af in die rivier en maak hulle dan, toegewikkel in handdoeke, om ’n vuurtjie in ’n gemeenskaplike lapa tuis.

“Mammmiee!” roep ’n man na sy vrou terwyl hy onder ’n gazebo ontbyt op ’n gasskottel begin maak.

Gisteraand het dit jolig gegaan by daardie groepie karavane. Kaptein Kurt Darren het oor en oor die seile gespan.

John ry op ’n bloedrooi quadfiets deur die kampterrein en gee geduldig vir die hoeveelste tjokkertjie ’n lift agterop. ’n Ander seuntjie stap visstok in die hand af rivier toe.

Hoe lyk die staanplekke?

Kam’bati het sowat 85 staanplekke, elk met ’n braaidrom, en baie is só na aan die rivier dat jy Kleinboet se watermanewales uit jou kampstoel kan dophou. bring maar jou gazebo’tjie of ’n skadunet, want net 17 van die staanplekke kry die heeldag koelte.

Onthou ook om ’n ekstra swartsak en ’n waterkan in te pak, want vullisdromme en waterkrane is effe yl gesaai.

Die kraanwater kom uit die rivier en is brak. Vir drinkwater moet jy jou kan by een van die tenks by die twee ablusieblokke of by ’n klein tenkopwiele gaan volmaak.

Jaco gebruik die gelyk, lowergroen grasperk by die ingang vir enigiets van 12 tot 19 staanplekke – dikwels vir karavaanklubs. Dié staanplekke deel 5 kragpunte, maar is “nooit kleiner as 10 x 10m per staanplek nie”, verseker hy. Dis binne loopafstand van twee swaaie, ’n klimraam en ’n glyplank.

Sowat 50m verder kan jy jou wa tussen die bloekombome staanmaak – so na aan die rivier dat jy van jou stoep af kan lyn ingooi. die gras groei net kolkol hier, maar aan weerskante van hierdie staanplekke is daar oorgenoeg gras vir kampeerders wat nie omgee vir ’n bietjie son nie. Jy gaan ’n verlengkoord (ongeveer 5m) nodig hê om die naaste kragpunt met jou buurman te deel.

Op die verste punt van die terrein is nog 60 staanplekke, rug teen rug op gelyk gras. Vier deel ’n kragpunt, en elke vierde staanplek word vir parkering uitgehou.

Gemeenskap(lik)

As Janneman aankondig dat hy en sy meisie net vinnig wil gaan stort, moet Ma en Pa dalk kennis neem as hulle na die ablusieblok aan die oostekant toe aanstryk. Dié is geheel en al gemeenskaplik.

Met die inkomslag is daar drie urinale in ’n deurlose vertrekkie op linkerkant. Langsaan is vyf toilette en aan die oorkant vyf ruim storte. die 10 wasbakke in die middel waarborg dat jy nie sommer skouer teen skouer met jou bure gaan staan nie, maar jy sal koeskoes tussen die vlekke op die spieëls moet mik wanneer jy skeer of hare kam. by die verste wasbakke is ’n verlengstuk vir hare afspoel en ’n kragpunt

vir droogblaas.

Die storte is skoon en spuit ’n sterk stroom warm water uit. Daar’s ’n houtbankie vir jou klere, maar die seep en sjampoe moet maar vensterbank toe. stukkende  stortgordyne en afgebreekte deurhakies pla.

In die een hoek is ’n vlekvryestaalwasbak ingebou, maar daar is verwarring oor sy doel: sommige gebruik dit vir wasgoed en ander vir skottelgoed.

Buiten ’n soortgelyke wasbak in die tweede ablusieblok is daar geen ander ooglopende wasplekke nie.

Die ander ablusieblok, agter die konferensiesaal, het in die middel ’n gemeenskaplike badkamer met ’n bad, toilet en wasbak. aan weerskante is twee storte en twee toilette vir onderskeidelik vroue en mans. Die storte is kleiner as in die nuwe ablusieblok, maar werk op dieselfde beginsel.

Nog iets wat ek moet weet?

Kam’Bati staan met sy voete stewig in die bos en ’n mens moet selfonderhoudend hierheen kom. As jou naweek se melkvoorraad op die kombuistafel by die huis bly staan het, is hier geen kampwinkeltjie vir noodaankope nie.
Jy sal 25km tot by Swellendam moet ry vir die naaste winkel. Die lapakroegie het nou wel ys, koeldrank en roomys in voorraad, maar het nie vaste tye nie en word gewoonlik net Saterdagmiddae vir TV-sportkykers oopgemaak.

Jy kan hout koop teen R40 vir ’n kruiwavrag (bloekom en swartwattel), maar ook daarvoor kan jy nie op vaste verkooptye reken nie.

As jy die formaliteite by die ontvangskantoortjie tot die minimum wil beperk, kan jy vooraf ’n internetoorbetaling doen (R100 p.p.p.n., R70 vir pensioentrekkers, R50 vir kinders van 12 en jonger). Onthou net: Kam’Bati het nie kredietkaartgeriewe nie.

Wat is daar nog te doen?

Sing saam. In Februarie elke jaar word hier ’n akoestiese musiekfees op die terrein gehou. Albert Frost, Zinkplaat, Louwtjie Rothman en Tidal Waves was vanjaar daar.

Roep van die visarend. Bring jou voëlboek. Hier kan jy rustig sit en voëls kyk. Twee visarende hou permanent by die rivier.

Stadig oor­ die klippe. Reg langs die rivier is ’n 4x4roete van 2km. Dit kos R100 per voertuig en jy moet bespreek. Die roete is nie gegradeer nie, maar Jaco reken dis ’n graad 3roete.

Hou vas, Hansie! Teen R450 p.p. vir ’n halfdag of R980 p.p. vir ’n naweek kan jy bespreek om met opblaasbote op die Breërivier te gaan kerjakker.

Het jou! Bring jou vriende of kollegas en sê mekaar die stryd aan in ’n paintballskermutseling. Dit gaan jou R120 p.p. kos om daai pestilensie van menslike hulpbronne op sy plek te sit.

Gereg van die dag. Gaan eet Sondagmiddagete by die Stormsvleirestaurant. Jeanne van Deventer sit elke Sondag iets anders voor. Om daar te kom ry jy terug na die N2, draai regs en 14km verder weer regs op die R317. Die restaurant is ’n paar honderd meter verder op regterkant. Jy kan vooraf plek bespreek by 028 261 1167.

Ligging

Diere toegelaatElektrisiteitSelfoon opvangsSwembad
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.