Ini Bos Woonwapark | Iets roer in die ruigtes
|
|
|
|

Innibos, ’n splinternuwe kampeerplek noord van die Loskopdam, is vir natuurliefhebbers, pensioentrekkers (wat van hulle stoute kleinkinders wil wegkom) en avonturiers. As jou kinders nie in die gewoonte is om ure lank met mierleeus te speel nie, moet jy liewer by die groot Forever-oorde gaan kampeer.
Elke staanplek beslaan ’n ronde graskolletjie (gemiddeld 16 meter in deursnee) wat met bossies omring is, maar jy kan darem jou buurman so deur die bosse groet.
Net soos Forever Resorts Loskopdam grens dié een ook aan die Loskopnatuurreservaat en veral voëlkykers sal hier in hulle element wees. Die gebied is ook bekend vir sy groot verskeidenheid skoenlappers – kry name Dinsdag 14 Okt en jy kan gaan lyn natmaak in die dam ’n paar honderd meter van die staanplekke af. Die klompie swartbaars sal jou geduld beproef en as daar uiteindelik een byt, kan jy die vis gou vir die kinders wys, maar dan moet jy hom teruggooi.
Hier is ook drie staproetes, waarvan die langste een (6,5 km) berg-op kronkel en jou longe ’n slaggie sal oopmaak.
Wegsleep sê: Kom hierheen wanneer jy net ’n slag op die spreekwoordelike of letterlike klip wil sit.



