Hlalanathi | Opelugteater

Hlalanathi | Opelugteater
WegSleep #3 | Mei 2007
TEKS EN FOTO'S: Neels van Heerden
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Swembad
Selfoon opvangs
Elektrisiteit
Eetgoed
Telefoon: 
036 438 6308
Hoe kom ek daar: 
Volg die N3 na Harrismith en draai dan af in die rigting van Bethlehem. Volg die N5 vir 4 km en draai links op die R712 in Qwa-Qwa se rigting. Draai ná 8 km weer links op die R74 in die rigting van Bergville. Nou ry jy deur die Oliviershoekpas en draai dan regs na die noordelike Drakensberge wanneer jy aan die onderpunt van die pas kom. Van hier af sal jy die rigtingwysers na Hlalanathi sien.
Kampering: 
Hier is 40 grasbedekte staanplekke, elkeen met sy eie kragpunt. Die eerste vyf staanplekke het ook elkeen sy eie braaiplek. Twee ruim ablusieblokke wat sowat ’n jaar of wat gelede opgeknap is – die beste van al die oorde wat ek hier besoek het. Vier staanplekke het private geriewe, wat ’n opwasgedeelte en ’n badkamer met ’n wasbak, toilet en stort insluit.

Hlalanathi is ’n hanetree van Mahai af. ’n Hele klompie staanplekke bied ’n prentjiemooi uitsig op die Amfiteater. Hierdie uitsig kan nie maklik geëwenaar word nie, maar, bygesê, ek het nog nooit in die Wes-Kaapse berge gekamp nie

By Hlalanathi kan jy voor jou woonwa sit en ure lank niks doen nie sonder om verveeld te raak – kort-kort sien jy iets nuuts. Dis soos ’n film wat rol: As jy opkyk, sien jy die byna 500 m hoë rotswand van die Amfiteater wat heel dikwels wegkruipertjie speel agter ’n paar wolke. Voor jou lê die golwende heuwels wat opbou na die Amfiteater.

Omdat Hlalanathi op ’n heuwel geleë is, kyk jy af op ’n paar kronkels van die Tugela-rivier. Weerskante van die rivier lyk dit asof veewagters skaak speel – met die bokke en beeste as hulle skaakstukke. Met jou verkyker sien jy dalk watervoëls aan ’t skrop op die oewer of binne-in die rivier, wat hierlangs kniediep vloei.

Hlalanathi bied ongelukkig nie staproetes in die nabye omtrek nie, maar hier is wel ’n speelparkie om die kinders besig te hou. Oor naweke en vakansietye is daar baie kleios-verkopertjies wat jou inwag sodra jy by die hek uitry. Daar is ook ’n negeputjie-gholfbaan met 18 bowwe vir die grootmense (jy kan sommer hier ’n entjie gaan stap). ’n Paar staanplekke het ’n uitsig oor die gholfbaan.

Doendinge: Buiten die golf is hier ook ’n tennisbaan en ’n swembad. Verder is daar in die omgewing baie avontuuraktiwiteite soos rekspring en foefieslaaid.

WegSleep sê: Vergeet van alles en geniet die uitsig.

Ligging

EetgoedElektrisiteitSelfoon opvangsSwembad
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.