Edenpark | Ek in my klein hoekie

Edenpark | Ek in my klein hoekie
WegSleep #1 | Januarie 2007
TEKS EN FOTO'S: Leon Botha
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Diere toegelaat
Elektrisiteit
Selfoon opvangs
Swembad
Winkels
Kontak ons: 
Posbus 1583, Mookgopong
Selfoon: 
082 873 9820
Telefoon: 
014 743 3579
Faks nommer: 
014 743 3533
Hoe kom ek daar: 
13 km noord van Mookgopong (Naboomspruit) op pad na die warmwaterbronne
Kampering: 
Hier is 25 staanplekke. Jy val ook nie oor jou buurman se tenttoue nie. Staanplek nommer 13 is toegerus vir gestremdes. Elke staanplek het ’n badkamer.

Dis dié Saterdag van die jaar: Curriebekereindstryd. Maar die wildbesigtigingsrit by Edenpark is nietemin byna vol bespreek en ons raap die laaste paar plekke op.

Hier ry jy nie in ’n aangepaste Land Rover die boendoes in soos die oorsese toeriste by daardie private reservate nie. Jy klim sommer op ’n platbaksleepwa wat Francois, die toergids, met ’n ou, oranje Fiat 640-trekker sleep.

“Kyk daar, die bosveldskape,” sê hy en beduie na ’n paar rooibokke wat doer staan en wei. Die koedoes en vlakvarke hou hulself vandag maar skaars. By die volgende hopie bokmis word ’n impromptu bokdrolspoegkompetisie gehou.

Die kamp se swembad is sentraal geleë. ’n Seuntjie met ’n oranje baaibroek is hard aan die naaldekokers vang met sy bruin hoedjie. “Oom, dis vir die padda wat ek gisteraand gevang het, Oom,” verduidelik hy.

Langs die vlei sit professor Nick Kriek, oud-dekaan van die fakulteit van veeartsenykunde aan Tukkies. Hy staar na die biesies in Tobiasspruit. ’n Verkyker wat lyk asof dit dateer uit Rommel se woestynveldtog, hang om sy nek.

“Ons kom vir die rus en vrede,” sê hy. “Ons was al voorheen hier. Ons probeer so elke tweede maand vir ’n langnaweek wegkom, verkieslik na die kleiner kampeerplekke. Dis privaat hier en daar is genoeg ruimte, die karavane staan nie op mekaar nie. Ons soek nie ’n plek waar jy ingepak word soos sardiens nie.”

Ons kry staanplek op ’n geplaveide kampeerplek. (Die stene is sowat 1 cm uitmekaar en laat dus genoeg ruimte om ’n tentpen in te druk.)

Lourens en Lichellé Scholtz van Centurion is ook hier. Ek het hulle ’n jaar gelede by die Mbizi-karavaanpark net wes van Bela-Bela ontmoet. Hulle het vir ’n week hier kom uitspan. 

“Ons het gelees van Edenpark en kollegas het ons ook daarvan vertel,” sê Lourens. “Dis so rustig hier. Die grasbedekte staanplekke laat my aan gholfbowwe dink.”

Doendinge: Wildritte; speelpark vir kinders

WegSleep sê: Oorweeg dié plek as jy hou van privaatheid. Hier’s private badkamers en min mense.

Ligging

Diere toegelaatElektrisiteitSelfoon opvangsSwembadWinkels
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.