Bosfontein | Kinderparadys

Bosfontein | Kinderparadys
Teks en Foto's: Sophia van Taak
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Winkels
Swembad
Selfoon opvangs
Elektrisiteit
Selfoon: 
083 308 9502
Telefoon: 
083 741 9097
Naaste dorp: 
Bela-Bela
Hoe kom ek daar: 
Vat in Bela-Bela die R101 van die kruising van Marx- en Potgieterstraat af en ry 6 km in Modimolle se rigting. Draai regs by die Eersbewoon-bordjie (regoor Klein-Kariba se ingang). Hou vir 6,7 km reguit aan en draai dan by die Bosfontein-bordjie links op ’n mooi grondpad. Volg die Bosfontein-bordjies vir 1 km tot by die ontvangshek; die kampeerplek is reg langsaan.
Kampering: 
Hier is 45 staanplekke, elk met ’n blou woonwakragpunt, ’n losstaande braai en plek-plek ’n waterkraan.
Wat nog: 
Ablusiegeriewe: Dis uiters skoon, stylvol en luuks met ’n oulike deel vir kinders.

Bosfontein | Kinderparadys

As ’n ouer sien jy uit na ’n rustige naweek, maar dis asof kampeerders se kinders hier by Bosfontein elk ’n adrenalienskoot weg het. ’n Jong seun kom op sy fiets aangejaag en hou met ’n vaart voor ons kampplek stil. “Nee dankie, Oom, ek soek nie koeldrank nie,” sê hy terwyl ons sap skink. “Ek het by dáárdie mense ’n broodjie gekry en by dáárdie mense ’n muffin, so ek is nou vol.” Die mannetjie spring op sy fiets en trap weg.

Bosfontein bestaan al ’n geruime tyd, maar die nuwe eienaars, Martie en Deon Beukes, het behoorlik nuwe asem in die oord geblaas. Die staanplekke is duidelik genommer en lekker gelyk. Die hele kampterrein is byna toe onder gras, en oral is koeltebome. Maar moenie die gesin probeer verras en sommer net opdaag nie; die kampplek is slegs een week in ’n maand oop, en dan naweke, langnaweke en vakansietye. Bel en maak seker.

Dis nie lank nie of die outjie op die fiets kom teruggestap met sy fiets – met die een pedaal in sy hand. “Oom, kan Oom my help? Die fiets se trap het afgeval.” Ek kry ’n 16 mm-moersleutel en draai dit vir hom vas.

Die outjie val weer in die pad, maar kort daarna is hy wéér terug – dié slag met ’n pienk meisiesfiets. “Oom, kan jy asseblief die voorwiel oppomp?”

Die badkamers is aan die swembadkant van die oord. Dit gebeur nie dikwels dat ’n mens pluimpies uitdeel vir ’n oordbadkamer nie, maar hier doen jy dit graag: Dis luuks, en binne is daar selfs ’n aparte kinderbadkamer (aan die mans- én vrouekant). Die vrouekant het ook ’n ingeboude bababad, wat enige kampma se hart sal blymaak.

En as luuks nie genoeg is nie, kan jy absolute privaatheid kry in die gesinsbadkamers. Vir dié gerief moet jy ’n deposito van R100 betaal vir die sleutel, plus R10 per dag (jy kan met jou kredietkaart betaal, maar geen tjeks word aanvaar nie). Die opwasgedeelte is in die middel tussen die mans en vroue, en aan die een kant is ’n plek waar jy ’n kassettoilet kan skoonmaak.

Die warmwaterswembad, net verby die badkamers, het ’n grasdak bo-oor en word met seile toegerits. Kinders met groen en blou swemvlerkies speel in die water en ’n jaar oue seuntjie wil niks weet van sy geel tjoepie waarin hy moet dryf nie.

Twee kinders is besig om die swemkuns te bemeester: “Haal éérs asem voor jy onder die water induik,” sê die een se instrukteur. ’n Seun hardloop nader: “Oom, kan Oom vir my die duikbril se rekkie stywer stel?” Hy spring terug in die water, nou met die bril stywer oor sy kop, en sy oë trek op skrefies. “Hierso, hier is Sussie se motorfiets,” sê ’n pa wat van die kampplek af naderstaan. Hy het ’n opgefrommelde plastiekaffêre in die hand, kry sy sit op ’n bankie en begin blaas. “Die asem is maar min, nè?” sê ’n ander pa in die swembad. Stadig maar seker verander die opgefrommelde geel plastiekbondel in ’n waterponie. 

Vir kom en gaan by die oord moet jy ’n R100-deposito betaal vir ’n afstandbeheer van die twee elektriese skuifhekke by die kampterrein se in- en uitgang. Hier is ook ’n winkeltjie wat basiese dinge soos roomys, koeldrank, hout en houtskool verkoop.
 

Doendinge

Kry ’n baber of kurper aan die hoek. Hier is ’n groterige dam met ’n eiland in die middel waar ’n paar swart hoenders skrop – hier kan jy lyn natmaak en kyk of jy ’n vis kan uittrek. (Jy moet hom weer teruggooi). Die water is afkomstig van een van die Tweefontein-fonteine wat hier naby ontspring.

Spring in die koue- of warmwaterswembad. Die koue swembad het ’n lae betonglybaan aan die vlak kant. Die warmwaterswembad (gewoonlik 32 ºC) is onderdak en aan die kante met seil toegespan. Langsaan staan ook ’n klouterraam vir die kleingoed.

Stap die bosroete. Langs die warmwaterswembad begin ’n oopgekapte voetpaadjie wat tot teen die voet van die berg loop. Dit neem jou skaars 10 minute om te stap, maar as jy gelukkig is, sien jy dalk ’n wielewaal of spookvoël iewers in die bosse.
 

Ligging

ElektrisiteitSelfoon opvangsSwembadWinkels
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.