Augrabies | Sleep na waar die Oranje raas

Augrabies | Sleep na waar die Oranje raas
WegSleep #17 | November 2009
TEKS EN FOTO'S Tensy anders vermeld Sven Hugo
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Winkels
Swembad
Selfoon opvangs
Petrol
Elektrisiteit
Eetgoed
Telefoon: 
054 452 9200
Naaste dorp: 
Upington
Hoe kom ek daar: 
Van Kaapstad af: Ongeveer 800 km Van Johannesburg af: Ongeveer 970 km Van Bloemfontein af: Ongeveer 660 km
Kampering: 
47 staanplekke met kragpunte en sentrale water­punte. Bring ’n verlengkoord van 5 m of langer. Daar is ’n opwas­kamer en kombuis met stowe. Een sentrale ablusieblok wat daagliks skoongemaak word.

Die terrein van Augrabies, een van Suid-Afrika se klassieke parke, is onlangs opgekikker. Kom kyk wat jy nou alles kan sien en doen.

Augrabies is uitkyk­wêreld, hier waar die Oranjerivier se bruin waters – nadat dit deur die Drakensberg, Vry­staat en Noord-Kaap gekron­kel het – in ’n wit sproei afbulder voordat dit voort­stu op die laaste skof Atlan­tiese Oseaan toe.

Dié waterval bly een van Suid-­Afrika se gewildste toeris­tebe­stem­mings. Maar hou dop hoe baie besoekers kom loer vinnig by die water­val, neem ’n kiekie en val dan weer in die pad, salig onbewus van hoeveel ander dinge daar in die park om te sien en doen is.  

Daar is die Eggohoek-uitkyk­punt, sowat 5 km stroom-af, waar die Oranje se waters weer effens tot bedaring kom en groen in die son bak. Dan is daar Oranjekom en Ararat, waar jy uit ’n hoogte kan kyk hoe die rivier onder deur ’n paar stroomver­snellings bruis.

’n Entjie terug kamp se kant toe lê die Maanrots wat lyk soos ’n groot rooi albaster wat uit die he­mele geval het en waarvan net die boonste helfte nou bo die grond uitsteek.

Op pad na al die plekke ry jy op ’n grondpaadjie deur ’n barre land­skap met koker­bome plek-plek geanker en ’n klipspring­ertjie hier en daar, amper stiller as die klippe self. Kom vroeg soggens, wanneer die landskap sag en die lug vars is.

Ja, jy gaan nie leeus, olifan­t, en renosters hier sien nie, maar dis nie waarvoor jy Au­grabies toe kom nie. Jy’t mins­tens drie dae nodig om die park tot sy reg te laat kom: gaan soek bakoor­jakkal­sies op ’n nag­wilds­rit, verken die plek te voet op die 5 km-Das­siestaproete en gaan kyk vroeg soggens na die water­val en sommer laatmiddag weer.

Verken die waterval
Deesdae, met die nuwe plankpaadjies en vier houtdekke, waarvan drie rolstoelvriendelik is, kan jy die waerval uit elke hoek bekyk.

Ek stap saam met ’n groe­pie Europese toeriste – in kakie en met die jongste Canon-kame­ras om die nek – op een van dié hout­paadjies wat kronkel oor ’n vlei na ’n hout­dek wat in die waterval se valpoel afkyk.

Iewers het ek gelees daar lê en glinster ’n hoop diamante op die bodem, maar al wat nou te siene is, is ’n paar uit­gevrete swart visse, wagtend op die vissies wat die groot plons gevat het.

’n Entjie stroom-op is die hoogste uitkykpunt, met die wasmasjienwater van die rivier amper onder jou voete. Die voetpaadjie na links bring jou by twee ander uitkyk- dekke, een met ’n mooi uitsig op die klipravyn wat stroom-af horison toe strek.

As jy jou kinders hierheen bring, begin doer onder en stap stroom-op. Hou die water­val self as ’n laaste verrassing.   
     
En nou, die res van die park...
Vat vroegoggend die grond­paadjie uit die kampterrein, sommer in jou gewone kar. Hier en daar is sandplaat en ’n steil bult, maar niks wat jou skoonma na haar asma-pompie sal laat gryp nie.

Jy ry eers oor ’n laagwater­bruggie en dan, skaars ’n kilo­meter verder, is jy in die wildkykgebied.

Die kans is goed dat jy ’n trop springbokke, ’n duiker­tjie en ’n ledige sebra of drie uit die hoek van jou oog gaan sien. Neem vinnig ’n foto en mik uitkykpunte toe, want die uitsigte is soggens mooier daar. Daar is Maanrots, Ararat, Oranjekom en Eggohoek, en die roetes na elkeen is duidelik gemerk.

Besluit self waarheen jy eerste wil gaan: Ararat en Oranjekom, die twee kloofuit­kykpunte, of Eggohoek, die uitkykpunt die naaste aan die ri­vier waar die groenighede teen die klipheuwels uitslaan.

In party opsigte is die ravyn onder die waterval – plek-plek 240 m diep en 18 km lank – amper so indrukwekkend as die waterval self. Doen moeite om dit te beleef.

Die grondpaaie wat verby die Eggohoek-afdraai strek, vat ongeveer drie uur om te ry en daar is ’n uitgebreide roete van nóg drie uur (alte­same ses uur) wat vir veld­voertuie bedoel is. Die park beslaan deesdae meer as 550 km². Gaan benut die oopte.

Onthou jou Hi-Tecs
Die brosjure wat jy by ont­vangs kry, sê die Dassie-sir­kelstaproete is ’n “rustige” wandelstappie van 5 km wat ongeveer drie uur neem om te voltooi en waar jy “plek-plek oor ’n paar rotse moet klouter”. 

Dis inderdaad ’n lekker roete met sandpaadjies langs, oor klein bruggies, deur ’n vlei en stroompie, verby ’n uitkyk­punt tot in die kampterrein, waar dit begin het.

Langs die pad is tien mer­kers wat plante soos ’n vye­boom, en natuurlike verskyn­sels soos kolkgate in die klippe langs die rots­agtige paadjie vir jou uitwys.    
                        
Rus by die stroompie om ’n toebie of twee te eet en jou kop nat te maak, voor jy die laaste 2 km terug kamp toe aanpak.

Soek die klein goed­jies: akkedissies met geel bene, ’n rooi lyf en ’n blou kop wat van klip tot klip agter muggies aanskarrel. 

Dié stappie is egter nie heel­temal kinderspeletjies nie. Daar is ’n paar gladde, alg-bedekte rotse by die riviertjie, ’n nou rotspaadjie wat jy moet oorsteek en ’n hele paar rotse waarteen jy moet uit­klouter. Jy gaan nie dié roete sommer in jou visplakkies kafdraf nie. Dra ’n paar draf­tekkies of stap-skoene en bring genoeg water en son­room. Stap dit laat-middag, wanneer die kraaie ophou gaap.

Stappers met ’n bietjie ekstra petrol in die tenk kan die drie­dag Klipspringer-roete aanpak (die roete is in die somermaan­de gesluit weens die hitte).

Kamp nes jy wil
Die Augrabies kam­peer­terrein se staanplekke om my is vol, al is dit nie vakansie nie. Jy ontmoet uiteenlopende kamp­eerders hier – ’n oom en tan­nie in
’n tent, twee mense langs hulle in ’n Jurgens, en ’n paartjie van Oostenryk in ’n ge­huurde ryhuis wat van Kaapstad af op pad is Na­mibië toe. Eenkant is daar ook twee Duit­sers met een van daai mon­ster­trokke wat frommel­foelie van jou dubbelkajuit sal maak.

Daar is staanplekke op sagte gras vir jou tweeman­tentjie, gelyk staanplekke
vir jou woonwa, en private staan­plekke onder digte bome op regterhand soos
jy inry. 

Ja, dit raak in die somer bloedig warm in hierdie geweste, maar daar is drie swembad­dens in die park, twee by die chalets en een in die dagbesoe­kersdeel.

Blou­apies kom kry elke nou en dan ’n slukkie swembad­water as hulle moeg raak om met mekaar op die gras te stoei. (Ek vermoed hulle stoei nie, Sven. – Red.)

Die meeste van die staan­plekke het ’n skot­telbraai­plek op ’n staander, met genoeg plek vir almal om rondom die vuur te kan sit. Daar is ook ’n sement­blad­­tafel by van die staan­plekke. Die opwas- en kom­buis­gebied in die kamp­terrein het stowe as jy moeg raak vir vuurmaak en lus kry vir ’n pot kookkos.

Die winkel verkoop alles waar­aan jy kan dink, en bon­dels hout vir R11 wat genoeg kole vir môreoggend se eiers sal maak. Jy kan steak, hoen­der­sosaties, chakalaka-wors, en ’n biertjie of ’n bottel wyn hier koop.

As jy op pad is Kgalagadi toe en net vir die dag wil inloer, gaan dit jou R22 per persoon kos. Die dag­besoekers­­deel is buite die kamp­terrein nes jy die wildgebied binnery. Daar is braai­plek met ’n swembad ’n paar treë daarvan­daan. Slaap egter ’n aand of twee oor om die park ten volle te ervaar.

Die Oranje speel nie...
Die Oranjerivier vloei teen ’n gemiddelde 313 000 ℓ per sekonde by die Augrabies-waterval af – maar dit kan vinnig verander.

In ’n “relatiewe klein vloed” in Maart 2006 het die rivier se vloei binne twee dae viervoudig van 400 000 ℓ tot 1 600 000 ℓ per sekonde toe­geneem: Dit is meer as die helfte van ’n Olimpiese swem­bad wat elke sekonde by die waterval in ’n sop van wit water gestort het.

Die foto’s van dié vloed op die inligtingsborde buite die park se ontvangskantoor wys jou presies hoe lyk vloed­waters van dié omvang: mense in rooi, swart en kakie staan voor berge witwater wat die diep ravyn skielik baie vlakker laat lyk. Die rivier vál nie dan oor die afgrond nie; dit spuit en spoel deur die kloof soos
’n groot waterwurm.

Die parkbestuurder, Steven Smith, sê die laaste groot vloed was in 1988, toe daar amper sewe keer meer water as in 2006 in die ra­vyn afgedruis het. Twintig water­valle het aan die oorkant van die uitkykdekke die kloof binne­gestroom.

Die hoofopvanggebied van die rivier is in die Drakensber­g, ’n somerreënvalstreek. Jou kanse om die rivier in een van sy buie te sien is dus beter in die somer.

Maar selfs as die Oranje op sy gemak vloei, is die valle se gedruis amper soos dié op Loftus ná ’n Bryan Habana-onderskep­drie. 

Die Khoi het dié plek Au­koerebies gedoop: “Plek van groot geraas”. Ja, omring deur groot stilte.          

Ligging

EetgoedElektrisiteitPetrolSelfoon opvangsSwembadWinkels
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.