ATKV Buffelspoort | Woelwaters

ATKV Buffelspoort | Woelwaters
Teks en Foto's: Leon Botha
 
Array ( [0] => stdClass Object ( [nid] => 33457 [node_title] => Natalia [node_language] => [node_revisions_body] =>

ATKV Natalia is vir menige kampeerder die maatstaf waaraan alle oorde gemeet word. Dis modern met omtrent al die soorte vermaak waaraan jy kan dink.
Die staanplekke het almal krag, is duidelik gemerk en het ’n geplaveide oppervlak met gras rondom. Die boonste staanplekke het ’n onbelemmerde see-uitsig.
Die twee sentrale ablusieblokke is silwerskoon en word goed in stand gehou.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -30.121930 [location_longitude] => 30.845700 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9127 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36941 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.natalia.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159785 ) [1] => stdClass Object ( [nid] => 33456 [node_title] => Klein-Kariba [node_language] => [node_revisions_body] =>

Net meer as ’n uur se ry van Pretoria af, in die klowe van Limpopo se Waterberge, lê
KleinKariba soos ’n Bosveldoase.
Die woonwastaanplekke met hul twee groot ablusieblokke is binne loopafstand van die reuse-verskeidenheid ontspanningsgeriewe.
Die staanplekke is almal geplavei en elkeen het sy eie braaiplek en kragpunt. In die
somermaande sorg die bome vir baie skaduwee.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -24.841750 [location_longitude] => 28.330230 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9126 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36940 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.klein-kariba.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159483 ) [2] => stdClass Object ( [nid] => 33455 [node_title] => Hartenbos [node_language] => [node_revisions_body] =>

Hartenbos is ’n vriendelike dorp, hier lê die woonwastaanplekke en selfsorgeenhede  teenaan die see, met die huise oorkant die straat.
Die woonwapark het 579 staanplekke (met elektrisiteit en water) en is in ses blokke verdeel. Die staanplekke is groot genoeg om vir lank te kamp, en wanneer jy jou by die hoofkantoor aanmeld, kry jy jou eie sleutel vir die ablusieblok.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -34.125630 [location_longitude] => 22.118100 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9125 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36939 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.hartenbos.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309159219 ) [3] => stdClass Object ( [nid] => 33454 [node_title] => Goudini Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Die groot attraksie by hierdie oord in die Breëriviervallei is die warmwaterbron – en dit kan goed bedrywig raak.
Jy kan kies of jy jou woonwa op plaveisel of gras wil trek. Elkeen van die staanplekke
het sy eie kragpunt, vullisdrom en braaidrom met rooster. Krane word twee-twee gedeel. Daar is een sentraal geleë ablusieblok..

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -33.668640 [location_longitude] => 19.263340 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9124 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36938 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.goudinispa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158954 ) [4] => stdClass Object ( [nid] => 33453 [node_title] => Eiland Spa [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is op die oewer van die Letabarivier, sowat 68 km oos van Tzaneen, in die hartjie van die Hans Merensky- natuurreservaat.
Hier is dit amper heel jaar lank mooiweer en ideaal vir kampeerders wat van die koue winter wil ontsnap.
Die woonwapark het 250 staanplekke, elk met sy eie kragpunt en vyf ablusieblokke en genoeg vermaaklikheid vir die hele gesin.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -23.658149 [location_longitude] => 30.671704 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9122 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36937 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.eilandspa.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309158698 ) [5] => stdClass Object ( [nid] => 33452 [node_title] => Drakensville [node_language] => [node_revisions_body] =>

Dié oord is sowat 28km buite Bergville, en die kampeerplek herinner aan ’n plattelandse dorpie – daar is heelwat geboue, almal in netjiese rye met pynlik netjiese
grasperke tussenin.
Die lowergroen staanplekke is groot genoeg vir die grootste woonwa, jou sleepvoertuig én ’n middelslag-sytent, en elkeen het ’n kragpunt en braaiplek.
Daar is twee ruim ablusieblokke wat sentraal geleë is.
 

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -28.613120 [location_longitude] => 29.124420 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9121 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36936 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.drakensville.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1309157688 ) [6] => stdClass Object ( [nid] => 33420 [node_title] => Buffelspoort [node_language] => [node_revisions_body] =>

Wanneer jy by die ATKV Buffelspoort se hek inry, sien jy dadelik hoekom die plek vier sterre het. Die kampterrein het puik geriewe wat goed onderhou word. Hier is 4 woonwaparke met altesame 250 staanplekke.

Park A het twee ablusieblokke en die res elk een. Park D het 'n skadunet oor elke staanplek en kos ook meer.

[node_revisions_format] => 2 [location_latitude] => -25.761630 [location_longitude] => 27.486910 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_fid] => 9123 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_list] => 1 [node_data_field_atkv_logo_field_atkv_logo_data] => a:2:{s:3:"alt";s:0:"";s:5:"title";s:0:"";} [node_type] => atkv [node_vid] => 36904 [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_url] => http://www.buffelspoort.co.za [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_title] => [node_data_field_atkv_logo_field_website_url_attributes] => a:0:{} [node_created] => 1308737339 ) )
Winkels
Swembad
Selfoon opvangs
Gestremde fasiliteite
Elektrisiteit
Eetgoed
Kontak ons: 
Koördinate S25.739354 E27.475468
Telefoon: 
014 572 1006
Faks nommer: 
012 572 1010
Hoe kom ek daar: 
Van Pretoria en die Oos-Rand volg jy die Bakwena-tolpad na Rustenburg en neem die Buffelspoort-afrit. Draai links net na die tolhokkie. Ná 700 m is daar ’n T-aansluiting. Draai regs en wees op die uitkyk vir die hoofingang sowat 250 m verder op linkerhand. Van die Wes-Rand neem jy die R24 uit Krugersdorp deur Tarlton en Magaliesburg na Rustenburg. Volg die Bakwena-tolpad net ná die Waterfall-winkelsentrum. Ry terug in die rigting van Pretoria en draai af na regs by die Buffelspoort-afrit. Volg daarna die aanwysings soos hierbo.
Kampering: 
Vier parke met altesaam 250 staanplekke. Die meeste van die staanplekke is geplavei. Die park (D) verste van die swembadarea het ’n skadunet oor elke staanplek en staanplek hier kos sowat R30 meer. Park A het twee ablusieblokke en Parke B, C en D het elk net een ablusieblok. (Vir die gesin met baie vesel in die dieet is Park A dus die een om te kies. – Red.) Drie ablusieblokke is onlangs oorgedoen met granietblaaie, nuwe handwasbakke en vloer- en muurteëls. Die vierde ablusieblok in Park A sal teen einde Junie opgeknap wees. Skoonmakers is heeltyds aan diens. Elke ablusieblok het ’n opwasarea. Porta-Potti-spoelkamers is onlangs aangebou en daar is ook ’n badkamer vir gestremde persone.

Woelwaters!

Dié kampplek met die Magaliesberg in sy agterplaas is oor naweke stampvol. Tog, wanneer die son skyn, sien jy nie ’n siel tussen die karavane en tente nie. Van die kampplek af is dit net eenrigtingverkeer vir voetgangers… reguit water toe.

Nou waar is almal?

Dit bly ’n aardige gesig: In bedrywige tye is hier werklik nie plek vir ’n muis tussen die meer as 200 staanplekke nie. Karre, tente en woonwaens staan ingeryg onder ’n paar groot silwereike, jakaranda, witstinkhout en populierbome.
Maar tans is die kampterrein ’n spookdorp. Eenkant lê ’n plastiekdinosourusspeelding oopbek op sy sy voor ’n stoeptent.

Twee geel swingballrakette lê op die grond langs ’n paal waaraan ’n tennisbal roerloos hang. Dis ’n amperse Bermudadriehoek hier in die kamp. Maar die gejil en gespat ’n ent hiervandaan verklap dat daar wel lewe is: Naby die ontvangsgebou is daar baie aksie, want dis waar die waterwurm is!

Daar gaat hy!

Die blou glasveselwaterwurm kronkel byna twee verdiepings hoog die lug in, en elke 21 sekondes spoeg die waterbaan ’n mens in die vlak swembadjie by sy onderpunt uit. Dié haas hom of haar dan na die wal, net om uit te klouter en weer die 51 trappies op te hardloop om die avontuur te herhaal.

’n Kennisgewingbord langs die eerste trap lê die wurmwet neer: Jy mag nie kop eerste op jou maag afgly nie, en as jy op jou rug wil gaan, moet dit ook voete eerste wees. Maar kort-kort plons iemand in ’n onwettige posisie in die swembadjie.

’n Stuk of vier, vyf groot mans peul op ’n streep by die waterwurm uit en elkeen probeer kop eerste sy rit met ’n sierlike duik in die water afrond. “Nee, jis, die ding maak ’n mens seer,” sê die een groot ou vir sy maat.

’n Dogtertjie kraai van plesier terwyl sy in die blou pyp afglip. Haar ma skree van onder af: “Maak toe jou mond!” die kind knyp haar neus met haar hand toe en spoel met vlerkies en al die swembad in.
“Ek wil nie ’n treintjie maak nie,” sê ’n skraal seun met ’n swembadnoedel om sy middellyf vir sy maat. die maat steek sy regterarm in die lug en maak met ’n gebalde vuis ’n superman-saluut: “ek sê vir jou, ek is die Vlieënde Hollander!” snou hy die noedel-maatjie toe en hardloop terug na die waterwurm se trappies.
Terwyl die sonnetjie water trek, pak die swemmers die groot migrasie terug kamp toe aan. Hoewel ’n mens tot 11nm.

In die water mag baljaar (en dan weer van sesuur die volgende oggend af), is dit asof iemand ’n magneet oor ’n bakkie skuifspelde trek. Een ná die ander klim bruingebrande lywe (en hier en daar ’n rooie) uit die swembad en kies koers na die staanplekke en ’n aandete toe.

Tussen die boomtakke hang die braaivuurrook al dik in die kamp. Die laaste sonstrale trek lang geel strepe deur die rook. “Thkud-thkud, thkud jou bithkut,” sing ’n haasbekseuntjie luidkeels saam met ’n draagbare CD-speler. “Veels geluk, liewe maatjie...” trek die kampeerders langs ons los en bondel om ’n tafeltjie saam. “Toe-toe, blaas die kersies uit.”

In die agtergrond sing ’n paddakoor, en kort-kort hoor jy die “prrrt-prrrt” van ’n naguiltjie bo die gedreun op die N4.

Hoe lyk die kampterrein?

Hier is vier kampe – A, B, C, en D. Die sterkstroomspruit verdeel die kampterrein
in twee, en soos jy van die ontvangskant af inry, lê kamp A en B regs en lekkerrr! Die waterwurm-glyritte is verniet, asook die gebruik van die wipmatte en die minigholfbaan.

Links voor die spruit, en C en D aan die oorkant. Die d-kamp se 30 staanplekke is elkeen onder ’n skadunet en word aan kampeerders toegeken.

Al die staanplekke in die oord is geplavei (nie almal waterpas nie), met ’n kraan by die kragpunt (die driepuntsoort in die C-kamp en die blou woonwatipe by die res). Elke staanplek het ook sy eie staalbraaibak; hou in gedagte die braai se voete is in beton vasgegiet wanneer jy kamp opslaan. (Die meeste van hulle sou jy graag wou skuif, want dit staan ongemaklik na aan die pad voor jou staanplek.)

Hier is baie bome in die kampterrein, maar nie al die staanplekke kry ewe veel koelte nie. Buiten die stuk plaveisel, is die res van die kampoppervlak grond. As jy wil touchies speel, wees maar versigtig, want hier is omtrent geen gras op die staanplekke nie – as jy val, gaan jy dit wéét.

Elke kamp het sy eie ablusieblok, en in die A-kamp is daar twee. Die badkamers
is netjies, en die klein storthokkies het elkeen ’n swaaideur van glas. Tussen die mans- en vrouekant is opwasgedeeltes.

In die A-kamp, teenaan die toegangspad, is een waskamer met wasmasjiene en tuimeldroërs. ’n Bondel wasgoed kos jou R13 per slag (was en tuimeldroog).
Kry die ruilmunte by die winkel naby die groot kouewaterswembad. Dié winkel het ietsie van alles: van groente en drank tot swemklere en rubberslange.
Hulle aanvaar kredietkaarte, maar het ook ’n ABSA-kitsbank binne-in. Die drankgedeelte is op sondae gesluit.

 

Ligging

EetgoedElektrisiteitGestremde fasiliteiteSelfoon opvangsSwembadWinkels
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.