Wes-Kaap

Leentjiesklip-woonwapark | Sonderlinge seesononder

As jy beplan om in jou deurtrekker by Leentjiesklip te braai, bring asseblief genoeg goiingsak saam om jou staanplek toe te span. Die kamp is nader aan die strandmeer as aan die natuur, en slegs die rugkant van elke staanplek het ’n manatokkaheining. Daar is ook nie koeltebome nie.

Kam'Bati / Kambati

Kam’Bati is ’n hengelaar se droom, kinders en honde is welkom, en die beste van alles is: Jy hoef nie te wag tot vakansietyd om hier ’n blaaskans te neem nie.

As jy op ’n Vrydagmiddag jou baas se arm kan draai om ’n bietjie vroeër te tjaila, kan jy voor donker hier afhaak. Teen die tyd dat die vuurtjie brand en Vlekkie sy lê gekry het, kan jy al die stad se spanning uit jou are voel dreineer.

Onrus-woonwapark | Ons rus op Onrus

Moenie dat die naam jou mislei nie: Onrus se bekoring lê juis in die rustigheid hier. Dis grotendeels omdat dit nie so oorontwikkel is soos van die groot dorpe hier naby nie, en die toeriste vertrap die plek darem ook nie te erg nie. (Dink maar hoe lyk Hermanus in vakansietye.) In die walvisseisoen en oor somervakansies is dit ’n goeie basis om die joligheid te geniet sonder om jou vas te loop in Helmut, Heidi en die res van rooigebrande toergroep.

22 Watervalle | Porterville

Kamp in die koringlande

Leeuwenboschfontein | Waar die stilte met jou praat

Waneer jy die Kaapse berge by Worcester rond agterlaat en koers kies binneland toe, raak die wêreld sommer gou-gou plat.

Syndicate content

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.