Mpumalanga

Miss Chrissie's Coutry House

Miss Chrissie’s Country House-kampplek   

Kies jóú akker

Pelgrims's Rest Resort | Rus, pelgrim, rus

As jy Pelgrimsrus uit die ooste van Graskop af binnery, is daar soveel rigtingwysers dat die bestuurders agter jou maar geduldig moet wees terwyl jy probeer uit-figure waarheen om te ry. Draai regs af na die onderdorp. ’n Entjie verby die geskiedkundige huisies swenk die pad links.

Safubi River Lodge | Wroem!

“Wanneer julle daar bo by die kampeerplek aankom, moet julle op die uitkyk wees vir Josef,” sê die vrou by ontvangs.

Ons groet haar en ry teen ’n bultjie uit op soek na Josef. ’n Mens moet mooi kyk, want Josef se groen oorpak is in dié welige plantegroei goeie kamoeflering.

Ini Bos Woonwapark | Iets roer in die ruigtes

Innibos, ’n splinternuwe kampeerplek noord van die Loskopdam, is vir natuurliefhebbers, pensioentrekkers (wat van hulle stoute kleinkinders wil wegkom) en avonturiers. As jou kinders nie in die gewoonte is om ure lank met mierleeus te speel nie, moet jy liewer by die groot Forever-oorde gaan kampeer.

Forever Resorts | Waterfall Safari Lodge

As springmatte en grappe langs die viswaters jou eerder benoud as opgewonde stem, is hierdie die ideale plekkie om vir ’n naweek in die Kranspoortberge te gaan wegkruip.

En sou die stilte jou Sondagoggend begin inhaal, is die dam en al sy bedrywighede darem net 2 km weg.

Skukuza | Woelig, maar waarde

Skukuza is die Wildtuin se vlagskip-ruskamp, maar die kampplek was nog altyd vir my ’n teleurstelling. Die staanplekke was ongelyk, nie afgebaken nie en daar is min instandhouding gedoen. Dié toedrag van sake is nou skynbaar iets van die verlede, want Sanparke is besig met opgradering van die staanplekke en geriewe hier.

De Voetpadkloof | Flink en vriendelik

Jou oë rek sommer al klaar die oomblik wanneer jy by De Voetpadkloof se hek inry, want langs die pad sien jy troppe elande, blouwildebeeste, blesbokke en rooibokke.

Syndicate content

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.