Gebruikerstories

Pienaarsdam
Ingestuur deur: 
Dawn Bouwer

Ons het die naweek van die 3-5 Feb 2012 weg gebreek vir n naweek as n gesin en familie na pienaardam nadat ons gelees het van die 3 ster oord in die wegsleep boek vir oorde. Omdat die oord halfpad vir ons van Secunda en my sus van Pretoria het ons op die oord besluit. Daar aangekom die pad na die oord was baie sleg vir ons karavaan. Nadat ons betaal het vir die naweek en op ons staanplek besluit het moet ek se die oord word op die oog af goed versorg met die van die gras is mooi groen en kort gesny die speelplek vir klein kinders lyk goed. Nadat ons die karavaan en tent op geslaan het kom ons agter daar is glad nie enige krane naby die staanplekke nie. Die kragpunt waar ons moet inpluk is sodra ons aan on karavaan se deur vat gaan daar n volt deur jou arm dat jy voel jy gaan jou arm verloor. Die naaste badkamers is n ent van ons af nadat daar gese is daar is 15 badkamers om te gebruik. Dan praat ek nie eers van skottelgoed nie. Dit het vir my gelyk of die mense wat permanet inwoners is die geriewe vir hulle is wat die plek waar ons moes skottelgoed gewas het was hulle besig om die week se wasgoed te was. Die swembad was vuil gelukkig was daar n funksie gewees die Saterdag toe kon ons die mooi badkamers gebruik was vir my gelyk het dat dit net oop gestel word vir funksies in die seker saal. Ons het maar vroeg kamp opgeslaan en huis toe gegaan en n lekker stort by die huis geneem.

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.