Gebruikerstories

Lekkerste kampplek ooit
Ingestuur deur: 
campergirl

Ons het onlangs by Nylstroom lodge gaan kamp, was dit nou vir jou die lekkerste ervaring wat ons nog gehad het!

Die lodge het nuwe eienaars wat die plekkie regtig in tip top kondisie hou.

Die mense is veeslik vriendelik en nie een van die ander vakansiegangers of ons het ooit gekla oor enige iets nie, want dit was nie nodig nie, alles was perfek. Ek was eers skepties gewees, maar my verwagtinge was oortref gewees. Ek was regtig verbaas om te sien watse potensiaal die plekkie alles het. Dit is regtig n ervaring as jy wil wegbreek van die stad se rumoer.

Hulle het n onderdak swembad en koue swembad, quadbike trails, visvang, paintball, jacuzzi, kroeg en n snoepie, dit is selfsorg eenhede en die lekkerste kampplek, groot koelte bome en mooi groen gras met krag, die ablusie het my asem weg geslaan, ek sal elke keer eerder na hulle toe gaan en hulle ondersteun en ek weet ek kry die regte waarde vir my prys wat ek betaal, en dit is glad nie eers duur nie. by ander plekke betaal jy jou ore van jou kop af, dan is die mense by ontvangs ongeskik, die skoonmakers is nors en dit is net nie n lekker ervaring nie, MAAR by Nylstroom lodge was ek net regtig verbaas, dit was die lekkerste naweke ooit gewees.

Die lodge is so 20km buite nylstroom.

Gaan gerus na hulle website en kyk wat hul als daar het. Die website is glad nie misleidend soos ander oorde s'n nie. Alles wat op hul website is, is regtig so.

www.nylstroomlodge.co.za

Ek sal enige tyd hierdie lodge aan enige iemand voorstel, sover is dit die eerste plekkie wat my verwagtinge so oortref het!

 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.