Gebruikerstories

Kragperd
Ingestuur deur: 
Hannes Rossouw

Ek sleep 'n 1999 Gypsey Rapier vir 3 jaar met 'n 2006 Isuzu 300 DC LX.Die Isuzu het R180.000 tweedans gekos.Wat belangrik is dat die voertuig ekonomies,tog sterk en stewig op die pad moet wees.Ek het geen ander voetuig oorweeg nie maar sal nie omgee om 'n VW Toureg met 600 Nm se krag te besit nie.Dis natuurlik te duur vir ons gewone mense.Ek was nie tevrede met die krag van die Isuzu nie maar nadat die bekende renjaer  pa en seun,Kosie Swanepoel van Kaapstad bietjie meer perde bygesit het lewer die Isuzu nou 382Nm by 2204 rpm.Dis geen probleem om feitlik heelpad in 5 de te sleep nie.Brandstof verbruik is so tussen 12,5 en 13,5l/100km met die wa en 9.5 tot 10 l/100km daarsonder.Ek sleep gemaklik teen 110 Km/hEk het voorheen 'n Isuzu 250D gehad wat maar bietjie lig in die broek is,tog was dit baie ekonomies.Ek kamp jaarliks op Hartenbos en maar naweke hier aan die Weskus soos in Leentjiesklip in Langebaan,Lambertsbaai en gaan af en toe na Goudini ATKV.Ek gebruik 'n Yellowblade vir stabiliteit,dit werk beslis en met 'n standaard Isuzu sleepstang.Ek het nog geen probleme met die voertuig ondervind nie en 'n bakkie is idiaal as 'n sleepvoertuig,ek sal wel ook 'n SUV soos 'n Fortuner oorweeg.My volgende voertuig moet beslis meer as 400Nm kan lewer,dit maak dinge net makliker op die pad.

 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.