Gebruikerstories
Lekker maklik en vinnig vir nommer 6 platboom pot.
1 Kg Lean Maalvleis
6 groot uie fyn gekap
6 groot aartappels in blokkies gesny
Kilo vars groenbone gekerf
1 Pk spekvleis op gesny
'n Gooi olyf olie
Koppie Soya Sous
4 eetlepels Bisto in bietjie water gemeng
2 hande vol chedder kaas gerasper
Sout en peper na smaak pasop vir te veel sout
Metode;
Verhit pot op warm vuur, braai uie tot glaserig en sit eenkant. Braai spek crispie voeg by maalvleis en braai bruin. Moet van hieraf nie weer roer nie. Pak laag bone, laag uie, laag aartapples en herhaal in 'n tweede laag. Gooi koppie soya sous bo oor en voeg by peper en sout. Kook tot aartappels & bone sag is en voeg bisto mengesel by en kook stadig totdat sous dik is. Voor bediening sprinkel kaas bo oor en laat smelt. Bedien warm.



