Gebruikerstories

Gaan groot of gaan huistoe.
Ingestuur deur: 
Kobus Jordaan

Ons is bevoorreg om die eienaars te wees van die 11.5m lange kamper. dit weeg leeg 5,000kg en maksimum 6,580kg. 2,4m breed en is 4.1m hoog. Dit het 3 afstand beheerde "slide-outs" en 'n totale vloer oppervlakte van byna 40 vierkante meter. dit is toegerus met sentrale lugversorging en verhittingsstesel en is gesertifiseer om tot -17C te kamp, het 'n 320l vars water tenk en kan 10-11 mense slaap.

Die bakkie is 'n 2007 Dodge Ram 2500 met 'n inlyn 6 silinder 6.7l Cummins turbo diesel enjin. Nadat 'n 127mm uitlaat aangesit en die sagtewaarde van die enjin rekenaar verander is, ontwikkel dit 300-350kw en 1000-1250nm op die wiele. Voorwaar 'n juweel van 'n sleepvoertuig. Ook is dit standaard toegerus met 'n uitlaatrem. Brandstof verbruik is ongeveer 4-5.5km/l en verbysteek is so maklik soos die meeste 1.8l motors. 100-140km versnelling gebeur relatief vinnig.

Die TV is standaard toegerus, 65cm LCD hoë definisie grootte skerm, satteliet toegang. Radio/DVD speler. Die minimum vloer-tot-dak afmeting is 2 meter in die hoofslaapkamer, en 2.8 meter in die leefarea.

Hoofslaapkamer met 'n koningin-grootte bed, loopspasie rondom met hangkas agter die spieëls.

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.