Gebruikerstories

El Rancho Grande
Ingestuur deur: 
Gert Smit

Ons was gelukkig om plek te kon kry by El Rancho Grande, net buite Bela-Bela op die Rooiberg pad, vanaf 19 Des tot 31 Des 2011. Dit was ons eerste keer om die oord te besoek.

Ons was baie beindruk met die oord. Ons het staanplek nr 9 gekry, 'n huge staanplek(koelte bietjie aan die kort kant). Kraan was by ons, ons het skuifbare braaier gekry, die ablusieblok was omtrent 20 meter van ons staanplek af. Lekker wille gras wat kort gesny is. Elke staanplek het sy eie badkamer - met aankoms kry jy die sleutel. Die badkamers word ook een keer per dag gediens. Warm water was ook nie probleem nie.

My kinders is 2 en 4 onderskeidelik en die oord se onderdak swembad verskriklik geniet. Ons het die restaurant se kos uitgetoets en kan nie iets negatiefs se nie. Die kersete was verskriklik lekker en ons wil net bestuur bedank vir die moeite wat hulle gedoen het.

Dis 'n oord wat ek weer sal besoek en besoek.

Groete

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.