Gebruikerstories
Reen nie 'n verskoning!!
Ons was die afgelope Paasnaweek by Constantia duskant Naboomspruit en is n staanplek in die boskamp toegedeel. Die sluise was behoorlik oop en dit het die boskamp se staanplekke in geen tyd in 'n moeras verander. Soos my opskrif lei is reen nie n verskoning vir toilette wat nie werk nie (skynbaar 'n ou probleem met die armpie in die bak), die water druk wat jou nie toelaat om behoorlik nat te word nie (dankie vir die reen) en om nie te praat van n koue bad of stort nie (as die water druk jou toelaat) Soos by enige ander oord word die probleem onmiddelik gerapporteer, en gewoonlik onmiddelik herstel en aandag aan gegee, maar die antwoord wat ons by Constantia ontvang het "jammer daar is net te veel mense vir die geriewe" is ongelukkig nie goed genoeg nie. (Sou graag wou sien hoe vergelyk die oord met ander oorde se verhoudings van staanplekke versus geriewe). Verder was die badkamers in haglike toestande veral na die skoonmakers huistoe is (reen + mense = modder) In ander oorde sit daar n skoonmaker van vroeg tot laat en maak skoon indien nodig en dan is daar nie eers 'n oorvol oord wat vol modder is nie.
Behalwe vir die toestand van die betrokke badkamer in die boskamp wil dit voorkom of die res van die oord se algemene instandhouding (veral ablusies) ook nie op standaard is nie en ook die braaiers is nie op ander oorde se standaard nie. 'n Mens wonder net vir hoe lank hulle nog besprekings geld gaan vat sonder om 'n persentasie van die inkomste terug te ploeg in algemene instandhouding en herstelwerk. Die algemene gevoel onder n hele aantal besoekers aan die kamp was min of meer dieselfde "ons kamp nie gou weer hier nie"



