Gebruikerstories
1.45 kg Koekmeel
20 ml Bakpoeier
20 ml Sout
15 ml Kremetart
8 ml Koeksoda
340 ml Vetvrye melkpoeier
500g Botter
In n groot houer, meng al die droe bestandele, vryf botter in.
Bere in lugdigte houer.
Vir gebruik word net water bygevoeg. ( van pannekoek tot brood ) gebruik jou verbeelding.
Ek gebruik dit om pizza op die kole te maak, druk dit plat met die hand ( dis nou nadat jy dit aangemaak he met water tot rolbare of hanteerbare deeg ) braai aan een kant, dop om plaas jou gunsteling pizza vulsel op, terug op vuur tot kaas gesmelt is en whoalla
Stokkie Brood.
Vir die, word sommer enige stok gebruik, maak net seker dis nie giftig of iets nie, stroop bas af.
gebruik jou bere mengsel,
2 Koppies bere mengsel
water om hanteerbare deeg te maak se so 125ml
maak porsies op, rol wurm tussen hande en draai om stok se punt
Plaas op baai vir so 10 na 15 min ( matig warm )



