Gebruikerstories
Wat 'n heerlike kamp naweek moes wees by ATKV oord Natalia by Winkelspruit het in 'n nagmerrie ontaard!
Sal nie die oord aanbeveel nie. Klein goedjies het vreeslik gepla.
1. Die staan plekke is vreeslik klein
2. Van die staanplekke word op die kaart aangedui as see aansig, maar die trein hardloop teen die staanplekke verby wat 'n vreeslike ergenis is.
3. Die dametjies in die kantoor by die oord is vreeslik onvriendelik. Hulle het ons bespreking verkeerd gedoen, ons moes 'n staanplek aanskuif omdat sy onwillig was om ons te help, en maar net ongeskik was.
4. Daar is wip planke vir die kinders, maar baie laer as die loop area, dus my 4 jarige kind kon nie op die wip plank kom nie, dus het Pappa gehelp en is heel onvriendelik en ongeskik afgejaag omdat daar 'n een persoon per wip plank reel is..... sy is 4 jaar oud en haar beentjies was te kort!!!!!!!!
5. Een braaier vir 2 staanplekke
Die uiteinde van die naweek was dat dit so sleg afgeloop het as gevolg van die onvriendelike, onhulpvaardige werkers van die oord. Kan wel vir hulle 'n pluimpie gee dat die oord en ablusie blokke pragtig skoon is.



