Gebruikerstories
Ek en my gesin was vanaf die 29ste Januarie tot en met die 8ste Februarie by ATKV se Eiland oord. Ons was laas jaar einde Februarie daar en was baie skepties oor tdie oord gewees. Die bestuureder het toe gevra vir geduld en dat ons weer moet terug kom. Na 'n jaar kan ek bevestig dat ek die oord wragties kan aan beveel vir enige iemand. Die personeel by die kantoor was baie vriendelik en in die oord self was dit pure plesier. Ek gaan ook aan ATKV 'n bedanking stuur. Ons vakansie was so ontspannend en sal beslis binnekort weer daar om gaan.
Die ablusie blokke was van 5 ster gehalte en die hel dag skoon gehou. Die ander geriewe was tip top.
Mooi so ATKV om die oord so terug te kry na 'n gehalte oord.
Groete
Manie en Hannie v/d Merwe



