Wyn-en-perskeskop
WegSleep #1 | Januarie 2007
Francette Coetzee
Nog enetjie?
'n Laatoggend-biertjie laat soms wenkbroue lig, maar met dié perskedrankie kan jy darm vir die mense oorkant die pad vertel dat dit 'n vrugtekelkie is.
Jy benodig:
- 300 ml perske-snaps
- 2 eetlepels strooisuiker
- Sap van 2 groot suurlemoene
- 2-3 ryp geelperskes
- Baie ysblokkies
- 1 bottel koue droë witwyn
- 40 ml yskoue vonkelende mineraalwater (perskegeur)
So maak mens:
- Versnapsering. Meng die snaps, strooisuiker en suurlemoensap, totdat die suiker opgelos het.
- Skil en skink. Skil en halveer die perskes en voeg dit by die snaps-mengsel, witwyn witwyn en mineraalwater in 'n groot beker.
- Almal saam. Meng dit goed en bedien met ys.
WegSleep sê: Die resep is genoeg vir agt tot tien mense.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



