Woemawater
WegSleep #4 | Augustus 2007
RESEPTE: Annette le Roux FOTO'S: Dawie Verwey
As gisteraand se kampvuurkuier nog by jou spook, is dié energiedrankie net die ding om jou op te kikker voor die kinders begin neul om by die waterwurm te gaan baljaar. Wie kan dan nou stry met die samoerai-vegters wat glo ’n variasie van dié drankie – een met seewierjellie – drink?
Jy benodig
- 1 pakkie groen jellie
- ’n halwe koppie vars gemmer, geskil en gerasper
- ’n halwe koppie heuning
- die sap en skil van 2 lemmetjies of suurlemoene
- 1 liter bosbessie- of appelsap (ons het LiquiFruit se bosbessie-appelversnit gebruik)
- 500 ml sodawater of limonade
- suurlemoenskyfies en vars mentblare vir versiering
Só maak jy
- Maak die jellie met 1¼ koppie kookwater aan en laat dit in ’n sopbord stol.
- Gooi die gemmer in ’n 2 liter-koeldrankbeker.
- Bedek die gemmer met die heuning en suurlemoensap en roer dit deeglik.
- Gooi die sap by en roer die mengsel weer.
- Gooi 500 ml sodawater of limonade by vir vonkel.
- Sny die gestolde jellie in blokkies en gooi dit in die beker. Dit sal bo-op dryf.
- Versier die drankie met mentblare en suurlemoenskyfies.
WegSleep sê
Onthou om die jelliepoeier deeglik te roer sodra jy die kookwater bygooi. Jellie wat so girts maak tussen jou tande, is nie lekker nie.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



