Warm aarbeie met room
WegSleep #1 | Januarie 2007
RESEPTE: Francette Coetzee FOTO'S: Ruvan Boshoff
Dekadent is waarskynlik ’n goeie woord om dié ene te beskryf.
Jy het nodig
- 450 g aarbeie
- 4 eetlepels rum of Cointreau
- 4 eetlepels bruinsuiker
- 2 heel stukke kaneel (in die helfte gebreek)
- 300 ml dubbeldik room
- Ekstra dik foelie
Só maak mens
- Sny die aarbeie (sonder die blare) in die helfte en plaas dit in ’n groot bak.
- Meng die rum of Cointreau met die suiker, totdat dit opgelos is en meng dit in by die aarbeie.
- Vorm bakkies met die foelie en verdeel die aarbeie en sap tussen die bakkies.
- Sit ’n stukkie kaneel in elke foeliebakkie en maak dit toe deur die punte bymekaar te vou. Dit moet dig wees. Sit die aarbeipakkies dan op die kant van ’n medium warm vuur vir ongeveer 4-5 minute, of totdat dit deurwarm is.
- Sit die pakkie op ’n bord en bedien met ’n eetlepel dubbeldik room.
WegSleep sê
Vir die kinders kan die alkohol vervang word met ’n gebreekte Flake en ’n teelepel suiker. Sit dit ook langs die vuur totdat die Flake gesmelt het.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



