Vrugtebakkie met jogurt
WegSleep #10 | Nov - Des 2008
RESEPTE:Tiaan Langenegger FOTO'S: Ruvan Boshoff

Daar was nie tyd vir ontbyt nie, ’n lang dag op die pad lê voor en die kinders se mae grom al harder as wat hulle snork. Hier’s ’n gesonde oplossing.

Jy benodig

  • verskeie vrugte (wat ookal in seisoen is), in blokkies gesny
  • grenadellapulp
  • Bulgaarse jogurt
  • vars vrugtesap
  • 1 teelepel gelatien

 

Só maak jy

  • Skep die vars vrugte onderin silindriese glasbakkies (jou whiskyglase sal ook werk) en gooi die jogurt saam met die grenadellapulp bo-op.
  • Maak ’n jellie met die vrugtesap en gelatien en gooi dit bo-oor.
  • Hou die bakkies in die yskas totdat die jellie gestol het. Die jellielagie seël die bakkie en keer dat die inhoud uitloop as Frikkie aan die koelsak stamp. Dit hou ook suurstof uit; die jogurt sal dus nie gou suur word nie.

 

WegSleep sê

As jy nou rêrig veilig wil wees, kan jy ’n stukkie kleefplastiek oor die bokant van die bakkies of glase trek.

 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.