Volstruisspek-en-aartappelsosaties
WegSleep #2 | Maart 2007
RESEPTE: Annette le Roux FOTO'S: Dawie Verwey
As jy weglê aan dié sosaties, kan jy jou darem daaraan troos dat volstruisspek minder vet as varkspek het!
Jy benodig
- 2 jong aartappels per persoon
- Sap van een suurlemoen
- Suurlemoenblare
- 1 teelepel soet paprika
- 2 eetlepels olyfolie
- Volstruisspek
Só maak mens
- Kook die aartappels sag in soutwater.
- Maak 'n marinade van die suurlemoensap, soet paprika en olyfolie.
- Rol 'n repie spek op en ryg dit op die stokkie. Ryg dan 'n aartappeltjie en 'n suurlemoenblaar vir kleur en geur deur. Herhaal.
- Braai dit oor matige kole tot die spek gaar is en verf gereeld van die marinade oor die sosaties.
Annette sê
Onthou om die sosatiestokkies voor die tyd in water te week, anders sorg jy dalk vir vuurwerke. 'n Uur is lank genoeg.
Jy kan ook die volstruisspek met varkspek vervang.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



