
Jy benodig
· 500 g varktjops, in blokkies gesny
· 1 pakkie repiespek
· geblikte of vars pynappelstukke
· 100 ml sojasous
· 100 ml olyfolie
Só maak jy
1 Draai elke varkvleisblokkie in ’n stukkie spek toe. Ryg dit aan sosatiestokkies met stukke pynappel tussenin.
2 Sit al die sosaties in ’n bak en gooi die sojasous en olie oor. Maal swartpeper oor en laat jou sosaties in die sous marineer, verkieslik oornag.
3 Braai die sosaties oor lekker warm kole en bedruip hulle die heeltyd met van die marinade.
WegSleep sê: Maak seker jy sny die vet van die tjops af wanneer jy hulle in blokkies sny. Die spek waarin jy hulle gaan toedraai, het genoeg vet om die sosaties sappig te hou.



