Swart sampioene
WegSleep #1 | Januarie 2007
RESEPTE: Francette Coetzee FOTO'S: Ruvan Boshoff

Die vrou van die karavaan langsaan sal jou wil omkoop om dié maklike reseppie terug te neem huis toe, sodat sy haar vriendinne kan beïndruk.

Jy het nodig

  • Sampioene
  • Repies spek
  • Knoffel
  • Gerasperde kaas


Só maak mens

  • Geur die sampioene met uiesout.
  • Draai ’n repie spek om elke sampioen, wat jy vooraf kan vul met ’n bietjie knoffel en gerasperde cheddarkaas. 
  • Braai op die rooster totdat die sampioene gaar is.


WegSleep sê

Gebruik baie knoffel as jy nie al die aangetroude familie wil soengroet nie.
 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.