Springmieliebolle
RESEPTE: Arina du Plessis FOTO'S: Ruvan Boshoff
Dié resep werk presies soos die Rice Krispies-koekies, maar in plaas van pofrys gebruik jy springmielies.
Jy benodig
- 4 koppies gesnipperde malvalekkers
- 4 koppies springmielies
- 15 ml gesmelte margarien
Só maak jy
- Dinge raak morsig. Smelt die malvalekkers en 15 ml botter of margarien oor lae hitte tot glad. Verwyder dit van die hitte en roer die springmielies by. Hou aan roer tot die mielies goed bedek is.
- Bedaar net eers. Laat afkoel tot koud genoeg om met jou hande te hanteer.
- Bolle rol. Smeer ’n bietjie olie aan jou hande en vorm die mengsel in balle. Druk dit goed saam en laat heeltemal afkoel op ’n bakplaat of skinkbord (wat ook liggies gesmeer is).
- Kry ’n grip. Druk ’n stewige sosatiestok in elke bal.
WegSleep sê
Dis ook lekker met ’n karamelsous in plaas van gesmelte malvalekkers.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



