Sjokolade-en-klapper­happies
WegSleep #23 | Junie 2010
RESEPTE Tiaan Langenegger, FOTO'S Ruvan Boshoff

 

Sjokolade-en-klapper­happies

Modderkoekies

My ouma het my altyd met dié lekkerny bederf. Dit hou lank in ’n lugdigte houer in die yskas, mits die kleinspan dit nie ontdek en in een middag verslind nie.

Jy benodig

1 pakkie Mariebeskuitjies
1 blik kondensmelk
¼ koppie kakaopoeier
½ koppie klapper en nog ’n bietjie ekstra om die bolletjies in te rol

Só maak jy

1 Nóg ’n Marie se kop waai. Kap die beskuitjies in ’n voedselverwerker fyn of verkrummel dit binne-in ’n plastieksakkie en voeg dan die kondensmelk, kakao en klapper by.
2 Moet hulle nie squash nie. Vorm bolletjies so groot soos muurbalballetjies.
3 ’n Winterpelsie. Rol die bolletjies in klapper en verkoel dit dan in die yskas.

WegSleep : Jy kan die bolletjies al ’n week voor julle met vakansie gaan, maak en dit dan net vries.

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.