Ryskoek (rösti)
WegSleep #2 | Maart 2007
RESEPTE: Annette le Roux FOTO'S: Dawie Verwey

Hier's 'n lekker ryspannekoek wat jy kan maak van rys wat jy die vorige dag gekook het.

Gebruik basmati-rys (jy kry dit deesdae vir R10 per kilogram) of mandaryn-rys (koop die gewone een, nie die gegeurde soort nie.)

Moenie die rys afspoel nie, want jy soek juis die stysel om dit te bind, sodat jy kluitjie-rys kan bak.

Jy benodig

  • 2 koppies basmati-rys (lang witkorrels)
  • 3 koppies koue water
  • 1 koppie melk
  • 1 ½ teelepel sout
  • 2 eiers (geklits met 4 eetlepels ongegeurde jogurt)
  • Botter

Só maak mens

  • Sit, rys water, melk en sout in 'n kastrol en laat dit stadig kook tot dit baie sag is en daar niks vloeistof oor is nie.
  • Laat dit afkoel en meng dit met die eiermengsel.
  • Verhit 2 eetlepels botter in 'n pan en druk die helfte van die rysmengsel plat in die pan. Kompakteer die rys met 'n eierspaan.
  • Braai die ryskoek oor matige hitte tot goudbruin en bros aan die onderkant. Sit 'n papierbord bo-oor die pan en dop die rösti in die bord. Braai dit ook aan die onderkant.
  • Sny die rösti in skywe, of breek stukke. Geur met kruie of geurmiddels.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.