Roosterkoek
WegSleep #17 | November 2009
RESEPTE Tiaan Langenegger, FOTO'S Ruvan Boshoff
’n Goeie roosterkoek se geheim lê in die knie van die deeg.
Jy moenie haastig raak nie – werk sy sake vir ten minste 10 minute.
Jy benodig.jpg)
- 2 koppies witbroodmeel
- 2 eetlepels sout
- 1 eetlepel suiker
- 45 g botter
- 1 pakkie (10 g) droë gis
- 300 ml louwarm water
Só maak jy
- Meng al die droë bestanddele saam en vryf die botter in.
- Voeg dan die pakkie gis by en meng dit goed deur.
- Gooi genoeg louwarm water by om ’n stywe deeg te vorm.
- Knie die deeg vir ongeveer 10 minute en laat staan dit dan vir nog 5 minute.
- Vorm nou roosterkoeke (elk so groot soos ’n hoendereier) en laat dit vir omtrent 15-20 minute rys tot die balle twee keer so groot is.
- Bak die koeke oor matige kole bo-op die rooster.
- As jou kole te warm is, gaan die buitenste dop verbrand terwyl die roosterkoek binne-in nog rou is.
- Draai die roosterkoeke gereeld om totdat dit ligbruin en deurgaar is.
- ’n Gaar roosterkoek het ’n hol klank wanneer jy op dit klop.
WegSleep sê
- Deeg rys op sy beste as jy dit met ’n vadoek in ’n skottel toevou en in ’n sonkolletjie laat staan.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



