Richmond-rib
WegSleep #1 | Januarie 2007
RESEPTE: Francette Coetzee FOTO'S: Ruvan Boshoff
Met dié dis sal jy selfs jou buurman uit sy tent lok. Dit word genoem “Richmond-rib”, maar selfs met ’n ribbetjie uit jou plaaslike Spar sal dit voortreflik smaak.
Jy het nodig
- 1 kg lamsribbetjie
- Sout en Peper
- 250 ml tamatiesous
- 125 ml asyn
- 200 ml suiker
- 5 ml Tobasco
Só maak mens
- Vryf die ribbetjie in met sout en peper na smaak.
- Braai dit oor matige kole, of hang dit sommer langs die vuur totdat dit gaar is.
- Kook intussen die res van die bestanddele vir 5 minute.
- Plaas die ribbetjie in die sous en sit dit terug op die kole vir ongeveer 15 minute.
- Gebruik ’n kwas om die ribbetjies met die orige sous te verf.
WegSleep sê
Jy kampeer: Jy mag maar jou vingers aflek.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



