Poppadums
WegSleep #13 | Mei - Jun 2009
RESEPTE:Cass Abrahams FOTO'S: Ruvan Boshoff

Om jou eie poppadums te maak, beteken dat jy vir ’n week lank velletjies deeg in die son sal moet staan en omdraai. Koop liewer ’n pakkie by die supermark.

Jy benodig

  • 1 pakkie poppadums
  • 1 koppie kookolie

 
Só maak jy

  • Verhit die olie in ’n braaipan en braai die poppadums een vir een, 10 sekondes aan elke kant in die olie.
  • Haal elke poppadum versigtig uit en dreineer dit dadelik op handdoekpapier.

 
WegSleep sê

Jy kan die poppadums vinnig oor ’n oop vlam, of selfs in ’n broodrooster braai.
 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.