Pietie se Lasagnepot
WegSleep #12 | Mrt-Apr 2009
RESEPTE:Bernice van der Merwe FOTO'S: Ruvan Boshoff

Ek het dié resep by my broer geleer. Begin vroegmiddag al – hoe langer die maalvleis prut, hoe lekkerder is jou pot.

Jy benodig

  • 50 ml olie
  • 1 kg maalvleis
  • 2 uie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 blikke gekapte tamaties
  • 100 g tamatiepasta
  • 30 ml Worcestersous
  • 30 ml blatjang
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ’n groot hand vol vars kruie, gekap
  • sowat tien lasagnevelle

Vir die witsous

  • 100 g botter
  • 80 ml meel
  • 3 koppies melk
  • 1 koppie cheddar, gerasper
  • 1 koppie mozzarella, gerasper

Só maak jy

  • Verhit die olie in ’n platboompot en braai die uie en knoffel sag. Voeg dan die maalvleis by en braai dit amper gaar.
  • Gooi die tamatie, tamatiepasta, Worcestersous, blatjang, kruie, sout en peper by.  Roer dit goed en laat prut vir sowat drie ure (of minstens vir ’n uur, as die honger druk).
  • Verhit die botter en roer die meel by totdat die sous begin dik word.
  • Gooi die melk by en hou aan met roer totdat die sous glad en deurgekook is. 
  • Skep die maalvleis uit, giet ’n dun lagie witsous in die bodem van die pot, bedek die witsous met lasagnevelle, gevolg deur ’n laag maalvleis. Herhaal die lae totdat al die bestanddele gebruik is. Sprinkel die kaas bo-oor, sit die deksel op en laat dit oor lae hitte prut vir sowat ’n uur.

WegSleep sê

Om jou skoonma te beïndruk kan jy ’n bietjie sampioene, gestoomde spinasieblare en ’n skeutjie sjerrie by die vleismengsel voeg.

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.