Pap en sous parisienne
WegSleep #1 | Januarie 2007
RESEPTE: Francette Coetzee FOTO'S: Ruvan Boshoff

Hierdie is ’n effens meer fênsie weergawe van gewone pap, maar jou oom van Ellisras sal beslis ’n tweede porsie wil hê en selfs jou familie uit die Kaap sal dit eet.

Jy het nodig

  • 3 l water
  • 2 knippies sout
  • 2 hande vol jong broccoli-blommetjies
  • 450 g mieliemeel of polenta
  • 4 Russiese worsies
  • ’n Knippie rissiepoeier
  • Gestampte vinkelsade

Só maak mens

  • Kook 3 l water tot dit borrel. Gooi 2 knippies sout en so ’n paar hande vol jong broccoli-blommetjies daarin en kook dit vir 3 minute.
  • Gooi die mieliemeel of polenta geleidelik by die broccoli en water in die kastrol. Roer dit voortdurend.
  • Kook dit vir sowat 30 minute, terwyl jy dit met ’n houtlepel roer.
  • Roer nou die Russiese worsies, sout, ’n stewige knippie rissiepoeier en gestampte vinkelsade by. Kook dit vir nog 10 minute tot die pap loskom van die kastrol se kante.
  • Gooi die mengsel uit op ’n houtplank en laat dit afkoel en stol.
  • Jy kan die pap nou op verskeie maniere gebruik, soos om dit in sirkels uit te druk, met olie te smeer en vinnig oor die kole of onder die oond-element te verbruin.
  • Bedien dit met tamatie-en-uiesous daarop.

WegSleep sê

Dis nou wat gebeur wanneer Parys, Vrystaat en Parys, Frankryk saam kook.
 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.