Pannekoekpoeding
WegSleep #24 | Julie 2010
RESEPTE Tiaan Langenegger FOTO'S Ruvan Boshoff
.jpg)
Jy benodig
- ’n stapel pannekoeke, met kaneelsuiker bestrooi
- 500ml room
- 1 klontjie botter
- 1 eetlepel vlapoeier
- 50ml melk
Só maak jy
1 Dís nou dekadent. Verhit die room, suiker en botter in ’n kastrol op die gasstofie.
2 Vla-tervry. maak die vlapoeier in ’n bietjie melk aan en roer dit by die room in.
3 Nes ouma dit gemaak het. Laat dit kook totdat die vla gaar is en verdik het.
4 Rangskik in ’n sirkel. Vou die pannekoeke in driehoekies en pak dit soos pizzaskywe in ’n sirkel binne-in die vlasous.
5 Warm en koud ontmoet. Laat die pannekoeke deurwarm word en sit dit dan, saam met ’n groot skep vlasous, met roomys voor.
WegSleep sê: Die kinders sal baie daarvan hou as jy ’n paar blokkies sjokolade bo-oor die pannekoeke in die vlasous fynbreek sodat dit smelt.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



