Pin It
print

Oliebolle in ’n kamppot

IMG_0253

• 500 g bruismeel

• 1 teelepel bakpoeier

• 90 g strooisuiker

• 2 middelslag-eiers

• 2 eetlepels olie

• 200 ml melk

• ’n hand vol koekmeel

• 2 x 750 ml-bottels olie

• kaneelsuiker na smaak

 

Só maak jy

1 Sif die bruismeel, bakpoeier en suiker saam en hou dit eenkant.

2 Klits die eiers, olie en melk saam, en roer dan die meelmengsel daarby tot dit ’n deeg vorm. Strooi ’n bietjie meel op ’n broodpan of ander plat oppervlak en sny die deeg in klein stukkies. Rol die stukkies dan in bolletjies.

3 Verhit die olie in ’n diep pot oor ’n gasstoof (as jy ’n klein stukkie deeg ingooi, moet dit dadelik begin borrel – as jy ’n termometer het, moet die olie 170 °C wees). Braai die bolletjies vir 2-3 minute aan al twee kante tot ligbruin en gaar aan die binnekant. Rol die oliebolle in die suiker sodra hulle uit die olie kom, en sit hulle sommer dadelik voor.

 

WegSleep sê: Omdat jy bruismeel pleks van gis gebruik, is die bolle vinniger gereed.