Noordwes-kebabs
WegSleep #41 - Januarie - Februarie
Resep: Tiaan Langenegger Foto: Ruvan Boshoff

Jy benodig
2 mielies, buitenste blare en baard afgetrek
1 rol van jou gunsteling wors, dik of dun
So maak jy
1 Sny die mielies elkeen in drie stukke, en die wors in stukkies so lank soos die mielieskywe. Ryg die stukke afwisselend aan dik, skerp stokke - begin met 'n mielieskyf en eindig laastens met 'n stukkie wors.
2 Braai die sosaties oor warm kole tot die wors gaar is. Hou die stokke 'n paar keer regop en onderstebo sodat die worsvet nie net in die vuur drup nie, maar ook oor die mielies loop.
WegSleep sê: Verf die mielies met olyfolie voor jy hulle braai. dit keer dat hulle uitdroog en help dat hulle bruin braai.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



